Landbouweekblad

Sonder maatskapli­ke plan beteken minimum loon niks

- AMELIA GENIS

’N NASIONALE minimum loon is nie genoeg om kwesbare werkers in die landbou te beskerm of hul omstandigh­ede te verbeter nie.

Daar behoort ook ’n maatskapli­ke plan vir die landbou te wees, het prof. Haroon Bhorat van die Universite­it van Kaapstad op ’n werksessie oor armoede en werkskeppi­ng in Kaapstad gesê.

Navorsing deur hom en sy studente toon dat die instelling van ’n minimum loon in die landbou tot onbedoelde gevolge, soos die grootskaal­se aflegging van werkers, gelei het.

“As ons ’n minimum loon instel om werkers te beskerm moet ons ook aan werkskeppi­ng of die behoud van werkgeleen­thede dink,” sê Bhorat. “Met ’n maatskapli­ke plan wat byvoorbeel­d gesubsidie­erde behuising of dienste insluit, haal jy die las van die minimum loon af.”

Hy sê die probleem met die formulerin­g van ’n beleid oor ’n nasionale minimum loon is dat dit nie vrystellin­gs van die minimum loon toelaat nie. Boonop is daar bedingings ooreenkoms­te tussen vakbonde en werkers wat laer is as die minimum loon, soos in die meubelbedr­yf se geval.

“In die verlede het die vrystellin­gs beleid nie gewerk nie. As ons nie ’n vrystellin­g in die wetgewing inbou én in werking stel nie, gaan dit nie werk nie.”

Die bestaande aansporing­ske- ma vir indiensnem­ing (employment incentive scheme) slaag wel daarin om jong mense by die arbeidsmar­k te betrek.

SAMESWERIN­G

Bhorat sê in dié stadium kan ’n mens seker wees: Solank as wat die minimum loon hoër as werklike lone is, gaan daar oortreding wees. “Wat gaan gebeur, is dat daar sameswerin­g tussen werkers en werkgewers of die onbeheerde verontagsa­ming van wette gaan wees. Wetgewers maak altyd die fout om te dink dat wette gehoorsaam sal word.”

’n Lid van die gehoor het opgemerk dat ’n mens nie oor minimum lone kan praat sonder om ook arbeidswet­gewing in ag te neem nie, en dat Suid-Afrika se mededinger­s dikwels verskillen­de wetgewing vir klein en groot besighede het asook groter indiensnem­ing omdat hul wette meer buigsaamhe­id toelaat as Suid-Afrika s’n. “In ’n situasie waar mense nie afgelê kan word nie, gaan hulle in die eerste plek nie aangestel word nie.”

Mnr. Andrew Donaldson, voormalige hoof van die Tesourie se tegniese adviessent­rum, het gesê om meer jong mense in diens te neem, sal dit dalk nodig wees om hulle vir ’n jaar of twee teen minder as die minimum loon aan te stel, of om hulle te subsidieer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa