Landbouweekblad

Diervet dalk nie só sleg, toon navorsing

-

Die waarheid van die algemene siening dat plantvet “gesonde vet” is, terwyl dié van diere sleg is, is nie so seker as wat baie mense dink nie. Die onverwerkt­e bevindings van ’n navorsings­tudie van byna 50 jaar gelede het onlangs in die mediese joernaal BMJ verskyn. Daarin skryf dr. Lenner Veerman, senior navorser aan die Universite­it van Queensland in Australië, dat alles wat mense oor die poli-onversadig­de vet in groente en die versadigde vet in diere glo, kan in der waarheid ’n leuen wees.

Die voorheen onbekende bevindings kom van die grootste studie in sy soort. Dit is van 1968 tot 1972 in Minnesota, Amerika, gedoen en 9 423 mense het daaraan deelgeneem. Dit is onderneem om die opvatting te toets dat die poli-onversadig­de vette in groentepro­dukte op lang termyn gesonder is as die versadigde vette in vleis, room en botter.

Net ’n enkele verslag oor die navorsings­projek is in 1989 uitgereik. Daardie verslag het die vraag probeer beantwoord of groentevet­te die risiko van hartsiekte­s kan verlaag. Die verslag het nooit aangedui of diervette eintlik gesonder vir die hart kan wees as polionve rsadigde vette nie.

Veerman, wat sedertdien oorlede is, was grootliks vir die navorsing verantwoor­delik. Sy kinders het onlangs van die onverwerkt­e inligting in ’n kelder gevind. Daarin het die navorser bevind dat die deelnemers tussen die ouderdom van 20 en 97 jaar se cholestero­lvlakke met gemiddeld 14% verlaag het nadat hulle plantvette met diervette vervang het.

Die navorsings­tudie was nie sonder foute nie. Dit het onder meer nie aandag gegee aan die verskillen­de siektes of kankers wat veroorsaak kan word as sekere soorte vet ingeneem word nie.

Dit bly egter een van die grootste navorsings­projekte tot dusver en weerspreek die opvatting dat plantvet minder geneig sal wees om are te verstop en hartaanval­le te veroorsaak as die versadigde vette wat in diere voorkom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa