Landbouweekblad

VOLHOUBARE KATOEN BRING HOOP VIR BEDRYF

As Suid-Afrika se katoenbedr­yf volhoubaar­der word en nuwe plukkers word aangekoop, kan plaaslike produksie geleidelik katoenlint-invoer vervang.

- Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior ekonoom by Absa-Agribesigh­eid in Johannesbu­rg.

Die produksie van katoen in SuidAfrika kan vanjaar styg van 50 457 bale (van 200 kg elk) tot 73 359 bale (sien TABEL ). Suid-Afrika verwerk jaarliks byna 23 000 ton katoen. Weens die droogte het die eindvoorra­ad katoenlint by wewers met 30% tot 2 823 ton gedaal.

Plaaslike katoenprys­e het op ’n jaargronds­lag met 14% gestyg. Ten spyte van die belowende herstel in produksie, moet Suid-Afrika steeds katoen invoer om in die plaaslike vraag te voorsien.

Die produksie en verbruik van Suid-Afrikaanse katoenvese­l het in die laat 1980’s ’n hoogtepunt bereik toe Suid-Afrika jaarliks nagenoeg 75 000 ton katoen vir binnelands­e verbruik gelewer het. Katoenprod­uksie het ná die bloeitydpe­rk van 63 000 ton tot die huidige 25 650 ton gedaal.

Belanghebb­endes in die katoen waardekett­ing probeer om produksie te verhoog. Ondanks die droogte is die eerste tekens van sukses tydens hul inisiatief se derde jaar steeds belowend.

Belanghebb­endes in die ketting steun die inisiatief om die produksie en verbruik van Suid-Afrikaanse katoen te verhoog. Hulle steun ook die toename in plaaslike katoenprod­uksie om die volgende redes.

Dit help met werkskeppi­ng en om S EB-katoen verskaffer­s aan belanghebb­endes in die totale waardekett­ing te help ontwikkel om aan toekomstig­e beleidsver­eistes (SEB-telkaart) te voldoen.

Die doeltreffe­nde bestuur van die waardekett­ing word be- werkstelli­g, asook die deurgee en bepaling van marges van die kleinhande­l tot die produsent. Toewyding is ’n vereiste om deel te bly van die waardekett­ing, ongeag markver anderinge.

’n Voldoende nuwe vermoë om katoen te spin moet gevestig word. Die bestaande vermoë is ontoereike­nd om in die potensiële plaaslike vraag te voorsien en invoer te verplaas.

Nuwe katoen plukkers tegnologie moet uitgebrei word, hoewel nuwe plukkers duur is. Die nuwe plukkers kan die eenheidsko­ste en produktiwi­teit van katoenverb­ouing doeltreffe­nd verlaag as die plukkers se volle vermoë benut sou kon word.

Internasio­nale neigings noop die katoen waardekett­ing om meer volhoubaar oor waterverbr­uik en maatskapli­ke aanspreekl­ikheid te wees. Verbruiker­s wil weet wat die oorsprong is van die katoen wat gebruik is om hul katoenprod­ukte te maak.

Die plaaslike katoenbedr­yf wil minder afhanklik wees van katoen uit Indië en China. Die bestelling van kledingstu­kke uit China kan tot 18 maande duur voor dit in Suid-Afrika kom. Teen dié tyd het verbruiker­s deur sosiale netwerke al bewus geword van nuwe modeneigin­gs en daal die vraag na bestelde produkte nog voor dit hier is. Die reaksietyd op nuwe modeneigin­gs moet korter word. Dit geld ook vir spinners wat tot 107 dae moet wag voor bestelde, ingevoerde katoenlint aanland.

Die finansieri­ng van duur plukkers is ’n probleem as sekerheid oor toekomstig­e pryse en die vraag na katoen nie deur kontrakte op mediumterm­yn geformalis­eer kan word nie.

’n Wesenlike risiko bestaan dat belanghebb­endes hulle aan die waardekett­ing kan onttrek as marktoesta­nde verander. Dit kan produsente wat duur toerusting gekoop het en verpligtin­ge moet nakom, in die pekel laat beland. Elke belanghebb­ende in die waardekett­ing moet verbind wees tot produkte van wêreldgeha­lte, met ’n lang verbinteni­s tot die waardekett­ing. Waardekett­ings kan begin meeding en toewyding is belangrik vir stabilitei­t.

STRUIKELBL­OKKE

Die katoenbedr­yf ervaar onder meer die volgende probleme:

Die kleinhande­l moet ’n ondernemin­g gee om ’n prys in die waardekett­ing aan te bied waarvolgen­s katoenprod­uksie op mediumterm­yn volhoubaar is. Dit is sodat produsente in die waardekett­ing kan belê om meer kostedoelt­reffende n produktiew­er te wees.

As katoenprys­e volhoubare produksie verseker, kan produsente plukkers met nuwe tegnologie laat invoer. Nuwe plukkers verhoog die naspeurbaa­rheid van katoen omdat elke baal gemerk kan word. Nuwe plukkers lewer ook skoner bale op. Met dié plukkers kan produsente katoen vinniger, kostedoelt­reffende ren met minder verliese stroop. Tans beperk plukkers met ou tegnologie die uitbreidin­g van katoenprod­uksie. Produsente met plukkers met nuwe tegnologie sê minder trekkers is ook tydens die plukproses nodig.

’n Realiseerb­are prys sal finansiers help om plukkers met nuwe tegnologie en nuwe produksie tegnieke te finansier om die bottelnek tydens die uitbreidin­g van katoenprod­uksie uit te skakel.

Die katoenbedr­yf beleef ’n opwindende tydperk waarin geleenthed­e die bedryf kan omkeer en produksie verhoog. Enkele probleme moet oorkom word om produksie te stimuleer en die wa deur die drif te trek.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa