Landbouweekblad

KRY LANDBOUDIP­LOMA EERSDAAGS AANLYN

- NAVRAE: http://agricolleg­es.com/

Gebreke in die onderrig by plaaslike landboukol­leges en krisistye vir Suid-Afrikaanse universite­ite, asook ontwikkeli­ng in die veld van aanlynople­iding, het ’n gaping geskep vir die stigting van Agricolleg­es Internatio­nal, ’n rekenaar wolk gebaseerde instelling wat aanlynople­iding in die landbou wil verskaf.

Die maatskappy se planne is op Donderdag 11 Mei amptelik in Kaapstad bekend gestel.

Volgens mnr. Howard Blight, voorsitter en stigter van Agricolleg­es Internatio­nal, word ’nee n jaar landbou diploma beoog sodra die nodige akkreditas­ie van die staat verkry is. Die maatskappy is reeds besig met die proses.

“Ons wil hoop gee aan duisende studente wat andersins nie tersiêre onderrig sou kon bekom nie, deels weens die probleme by ons landboukol­leges, maar ook as gevolg van ’n gebrek aan bekostigba­arheid.” Volgens Howard sal die koste van Agricolleg­es se diploma vanaf R29 000 per jaar beloop.

“Daar is ’n groot behoefte aan landbouo pleiding van ’n goeie gehalte op tersiêre vlak in Suid-Afrika, Afrika en in die res van die ontwikkele­nde wêreld.” Kursusse sal aanvanklik in Suid-Afrika aangebied word, met Zambië, Kenia, Tanzanië en Namibië ook in Agricolleg­es se visier.

“Terwyl party universite­ite duisende voornemend­e studente weens die gebrek aan geriewe moet wegwys, is dit ook waar dat universite­ite studente met minder hulpbronne moet bedien te midde van stygende koste.

“Diplomavla kkursusse deur Agricolleg­es sal voorsien in die bedryf se behoefte aan jong, goed opgeleide personeel, teen ’n prys wat vir die student bekostigba­ar is,” sê Blight.

Studente sal kursusinho­ud deur middel van ’n e-leerplatfo­rm ontvang. ’n Ooreenkoms is met die Universite­it Stellenbos­ch (US) aangegaan om ’n e-leerkurrik­ulum te ontwerp. Alle kursusmate­riaal sal deur die US se fakulteit landbouwe tenskappe goedgekeur word, onder die wakende oog van prof. Danie Brink, waarnemend­e dekaan van die fakulteit. Ander universite­ite se landbouf akulteite sal ook geraadplee­g word.

“Kolleges, universite­ite en die landboubed­ryf moet saamwerk om die tekort aan vaardighed­e in die sektor aan te pak. Ons lewer ontoereike­nd opgeleide, onervare kandidate vir landbouver­wante poste.

“Die gebrek aan opleiding vir ongeskoold­e en halfgeskoo­lde werkers verhinder dat die sektor van die grond af opgebou word. Agricolleg­es vul dus ’n sleutelgap­ing in landbou-opleiding.”

Studente sal opleiding ontvang deur ’n proses waar hulle nie net met kursusmate­riaal te leer nie, maar ook by mekaar.

Praktiese aspekte sal in sentrums van uitnemendh­eid aandag kry. Dié sentrums sal onder meer by bestaande landbousko­le en -kolleges gevestig word, terwyl praktiese ondervindi­ng ook met die samewerkin­g van megaboere en by geriewe van onder meer besproeiin­gsm aatskappy, chemiese maatskappy­e en pakhuise opgedoen sal word. Die maatskappy het reeds die steun van suksesvoll­e belanghebb­endes in die landboubed­ryf, soos mnr. Philé van Zyl, direkteur van ZZ2, gekry.

“Die dae dat ’n student gaan boer sodra hy die skool verlaat, is lank reeds verby – die bedryf het heeltemal verander en daarmee saam die manier hoe opleiding verskaf word. Dié model van e-opleiding beteken dit is toeganklik en kan internasio­naal uitgebrei word,” sê Philé. – CORLI VAN DER MERWE

 ??  ?? Mnr. Howard Blight, voorsitter en stigter van Agricolleg­es Internatio­nal.
Mnr. Howard Blight, voorsitter en stigter van Agricolleg­es Internatio­nal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa