Landbouweekblad

SKANDEER GROND BLITSVINNI­G

-

’n Skandeerde­r waarmee ’n boer op die land ’n grondtoets kan doen en binne minute die uitslag kry, is pas op die GFIA-skou vir vernuwende produkte in die landbou in Utrecht, Nederland, bekend gestel.

Die Nederlands­e ondernemin­g Dutch Sprouts se handgedraa­gde grondska ndeerder, SoilCares, is met sensors toegerus wat spektrom eterdata en ’n spektrale beeld uit ’n grondmonst­er lewer.

Die spektra op die beeld stel die skandeerde­r in staat om gedetaille­erde inligting oor die stand van die belangriks­te voedingsto­wwe, organiese komponente, tekstuur en pH in die grond te “sien”. Dít word met bestaande grondtoet suitslae op ’n internasio­nale databasis gekalibree­r. Só word die grondstatu­s binne minute bepaal, en kry die boer ’n verslag op sy slimfoon. Daarmee saam verskaf SoilCares ook ’n stel aanbevelin­gs.

Dutch Sprouts werk saam met Talend, ’n groot-data-integrasi emaatskapp­y, om met ’n mengsel van harde- en sagteware grondmonst­ers van oor die hele wêreld te versamel en te ontleed.

Elke monster se uitslag word saam met bestaande grondmonst­er-ontledings op die groeiende databasis gehou. Met elke monster se ontleding word die daaropvolg­ende uitslae al hoe akkurater. Die skandeerde­r kan veral nuttig wees vir die miljoene boere oor die hele wêreld wat nie die tyd of geld het om grondontle­dings deur die tradisione­le laboratori­ums te laat doen nie, sê die maatskappy.

Dutch Sprouts se volgende plan is om boere met dieselfde skandeerde­r, maar ander algoritmes, in staat te stel om die voedingvla­kke in veevoer te toets. – MARLEEN SMITH Gaan lees meer op soilcares.com

 ??  ?? LINKS: Só werk die Nederlands­e skandeerde­r waarmee ’n boer binne minute met spektrale sensors grond op die land kan ontleed. FOTO’S: SOILCARES.COM REGS: Die grondstatu­s word binne minute bepaal. Die boer kry ’n verslag op sy slimfoon.
LINKS: Só werk die Nederlands­e skandeerde­r waarmee ’n boer binne minute met spektrale sensors grond op die land kan ontleed. FOTO’S: SOILCARES.COM REGS: Die grondstatu­s word binne minute bepaal. Die boer kry ’n verslag op sy slimfoon.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa