Onkruid die stille oesdief by sojabone
Ken jou onkruid – en roei dit meedoënloos uit met ’n weldeurdagte bestrydingsprogram om goeie sojaboonoeste moontlik te maak.
Di e Proteïen navorsing stigting (PNS) droom oor groot oeste en baie sojabone wat tot voedsel vir mense en dierevoer verwerk word. Sekere maatreëls moet egter getref word, anders sal hierdie droom nie verwesenlik word nie. Dit sluit veral die bestryding van onkruide in.
Dié kwessie was op ’n vergadering van die sojaboon-en sonneblom werkgroepe n die sojaboonen soja voedsel forum in Woodmead, Johannesburg, in die kollig. Dr. Jan Dreyer, komiteelid van die sojaboon werkgroep, het dit as “die stille oesdief” bestempel.
Die P NS mik na’ n miljoen hektaar sojaboon aanplanting sin Suid-Afrika, wat’ n oes van 2,5 miljoen ton sojabone moet oplewer. In ’n wisselboustelsel met mielies is dit haalbaar, maar dan moet boere onkruid bestryding doeltreffend toepas. Die aanname is dat daar gemiddeld 500 mm reën in die soja produksiegebiede val, waarvan 150 mm vir vestiging nodig is en 350 mm vir graanproduksie oorbly.
Teen ’n produksie van 7-8 kg graan per millimeter reën is 2,5 miljoen ton sojabone (dus gemiddeld 2,5 ton/ha) ’n haalbare mikpunt.
Jan het in opdrag van die PNS verslag gedoen oor maatreëls op ’n spesiale onkruidsimposium wat deur die PNS aangebied is. Soos Jan dit gestel het: Boere moet die vyand (onkruide) ken, beskikbare kundigheid aanwend, seker maak hul onkruiddodders is doeltreffend en dan moet hulle die onkruide meedoënloos die stryd aansê.
Op die simposium het dr. Stevan Knezevic van die Universiteit van Nebraska in Amerika en drie Suid-Afrikaners, dr. Brian de Villiers van Villa Crop Protection, dr. Charlie Reinhardt van die Universiteit van Pretoria en mnr. Cobus van Coller, boer van Viljoenskroon, hul kundigheid en ervaring oorgedra.
STILLE DIEF
Jan het gesê volgens die lesings op die simposium kan onkruide wat sojabone se potensiële opbrengs benadeel, basies in vier kategorieë
verdeel word, naamlik die onkruide met chemiese afskeidings, waterpompe (gebruikers van baie water) met ’n groot nageslag, die bittereinders en die veelvuldige rowers.
Chemiese afskeidings: Die belangrikste onkruid wat chemiese stowwe afskei wat nadelig vir sojabone is, is uintjies. Elke plantjie produseer sowat 2 000 sade wat potensieel 6 900 nuwe bolletjies en dus uintjies kan oplewer. Sodra die sojaboonplant sy blare by die grond uitstoot, begin die uintjies ’n chemiese stof afskei wat die sojabone se potensiële opbrengs aan bande begin lê. ’n Uintjie skei groeiremstowwe af wat die groei van sojabone deur sy hele groeileeftyd aan bande kan lê. Dit is moeilik om uintjies dood te spuit. Party boere gebruik selfs handbespuiting om dit te bestry.
Waterpompe: Só ’n onkruid, soos vaalskraalhans, is soos ’n sentrifugale pomp wat groot hoeveelhede water uit die grond pomp. “Dit steel jou vog en opbrengs,” het Jan gesê. Dié onkruid produseer tot 250 000 sade per plant en ruk maklik hand uit as dit nie behoorlik bekamp word nie.
Bittereinders: Hierdie onkruide kry net nie end nie en hul sade kan jare en selfs dekades lank in die grond bly. Die olieboom is een van hulle en sy sade kan ná 30 jaar steeds ontkiem. Veelvuldige rowers: Dié onkruide versmoor alles en gebruik boonop baie water. Die bekendste voorbeeld is die wandelende jood, wat die afgelope tyd vinnig op die Hoëveld toeneem.
OPLOSSINGS
Jan het hul raad netjies opgesom en riglyne vir boere verskaf wat hulle kan gebruik om onkruide in hul sojaboonlande te bestry.
“Dit is ’n oorlog wat geveg en gewen moet word.”
Die meegaande TABEL wat deur Charlie verskaf is, toon die verskillende onkruiddoders se meganismes van werking wat vir die bestryding van onkruide in sojabone in SuidAfrika gebruik word. Die boer moet hierdie middels met mekaar afwissel om te voorkom dat onkruide weerstand teen ’n enkele onkruiddoder opbou. Sover bekend, is daar nog nie tekens van weerstand in die somersaaidele nie, maar boere moet voortdurend daarteen waak. Dit behels ook die gebruik van voor opkoms middels.
Jan het gesê daar is moontlik wel eerste tekens van weerstand by vaalskraalhans in die Koepelgebied by Vredefort, maar dit is nog nie bevestig nie.
OESVERLIESE
Stevan se GRAFIEK toon die potensiële opbrengsverliese weens onkruide by sojabone. Die boonste stippellyn i smeer verteenwoordigend van die situasie in Suid Afrika. Hy het bepaal die boer ly opbrengsverliese van 2,5% vir elke blaarstadium wat die onkruide bereik. Met ander woorde: Hoe langer die boer nalaat om die onkruide dood te maak, hoe groter is sy skade. Teen die twintigste dag beloop die opbrengsverliese reeds 10%. In ’n vroeë stadium is daar dus reeds ’n reuseprobleem. Kort daarna is daar verliese van 20%, wat in die laat stadium tot 25% styg.
Jan het aanbeveel dat boere die sojabone in nouer rye plant sover dit prakties moontlik is. Dit is sodat die sojaplante die son van die grond weghou en sodoende die groei van onkruide aan bande lê.
Menige boer het vanjaar weens swaar reën oesverliese gely. Nogtans is die oesverliese groter in droë jare (34%) as in nat jare
(1-2%). As ’n boer sy lande onkruidvry kan hou, is die verliese weens die natuurelemente nie so groot nie.
DOELTREFFENDHEID
Maatskappye bestee baie geld aan die ontwikkeling van onkruiddoders en verskaf aan die boere riglyne vir die gebruik daarvan op etikette en in brosjures. Menige boer lees dit egter nie aandagtig genoeg nie. Riglyne moet tot in die fynste besonderhede gevolg word om die maksimum doeltreffendheid te behaal. Boere moet veral die wagperiodes voordat ’n opvolggewas geplant word, in aanmerking neem. Maak seker die onkruid wat op die land voorkom, word wel op die onkruiddoder se etiket aangedui.
Die gehalte van water vir die vermenging van onkruiddoders is belangrik. Indien dit baie onsuiwerhede bevat, benadeel dit die doeltreffendheid van onkruid bestryding. Benewens fisieke onsuiwerhede wa tin die waterkan voorkom, kan veral chemiese stowwe die doeltreffendheid van die onkruid bestryding verongeluk. Die onkruiddoder glifosaat se doeltreffendheid kan byvoorbeeld ernstig benadeel word deur katione (wat positief gelaai is), soos kalsium (Ca), magnesium (Mg) en natrium (Na). Waar regstellings met die byvoeging van chemiese middels gedoen word, moet dit volgens die etiket toelaatbaar wees. Die goue reël is om ’n chemiese verteenwoordiger te raadpleeg.
Die pH (suurheid) moet ook korrek wees. Dit is belangrik by verskeie onkruiddoders, soos glifosaat, wat goed reageer op ’n water-pH van ongeveer 6. Dit geld ook benatters/kleefmiddels. Die meerderheid benatters/kleefmiddels is reeds bygevoeg by die onkruiddoder wat die boer gebruik. Voor hy dus nóg middels by die onkruiddoder voeg, moet hy vasstel of dit volgens die vervaardiger van die onkruiddoder toelaatbaar is.
SPUITSTUKKE
Al hierdie aspekte kan korrek wees, maar as die spuitstukke op ’n gifspuit nie korrek funksioneer nie, is alles pure verniet. Spuitstukke moet die verlangde bedekking op die onkruide bewerkstellig. Indien die spuitstukke se toediening in sterkte wissel omdat daar byvoorbeeld méér as een soort spuitstuk aan die spuit bal kis, sal die onkruid bestryding nadelig geraak word. Dit geld ook as die pomp druk nie( volgens die werktuig vervaardigers e aanwysings) hoog genoeg is nie.
Die pompdruk moet verseker dat die druppelgrootte korrek is sodat die bedekking optimaal is om die onkruide te vernietig. Voordat die boer enige chemiese middel, hetsy onkruidof swamdoder, in ’n spuittenk meng, moet hy ook seker maak dit is volgens die vervaardiger van die middel aanvaarbaar.
DOEN ALLES REG
Jan het gesê boere moet gevolglik alles reg doen om onkruide doeltreffend te bestry. Dit sluit die regte onkruiddoder, afwisseling daarvan om weerstand te voorkom en die korrekte vermenging en aanwending in, maar ook faktore wat die risiko’s in boerdery verlaag, soos die plant van verskeie kultivars, die kies van die regte rywydte volgens die bepaalde streek, geskikte kultivars vir die klimaat en wisselbou, wat ook help om die onkruid- en siektedruk te verlaag. Raadpleeg die chemiese maatskappy en sy verteenwoordiger om seker te maak dat alle optrede volgens die voorskrifte is, anders kan die boer groot verliese ly.