Landbouweekblad

Só werk die mieliefabr­iek vir jou

Beperk stremming op fotosintes­e in kritieke groeistadi­ums om die beste opbrengs met jou mielies te behaal. Mnr. Pieter Rademeyer, hoof landboukun­dige van die saadmaatsk­appy Pan nar, verduideli­k hoe dié stapelgewa­s se produksies­iklus verloop.

- NAVRAE: Webwerf: www.pannar.com; e-pos: pieter. rademeyer@pannar.co.za

Daar steek meer in ’n mielieland as wat dit op die oog af lyk. Dit is ’n produksie-eenheid met duisende, doeltreffe­nde “fabrieke” per hektaar wat deur fotosintes­e energie lewer.

Die grondstof vir die fabrieke is water en minerale voedingsto­wwe uit die grond, en koolstofdi­oksied en suurstof uit die atmosfeer. Die plante word aangedryf deur sonlig as energiebro­n en vervaardig koolhidrat­e, proteïene en olie, wat as graan opgeberg word.

Aan die hoeveelhei­d en gehalte water en plantvoedi­ng kan die boer verander, maar die energiebro­n is ’n gegewe. Plante se metabolies­e prosesse word deur hitte aangedryf.

Die ontwikkeli­ng en opbrengs van die mielie word deur die plant se genetiese potensiaal bepaal, asook die omgewingst­oestande waarin dit verbou word.

Die mielieplan­t is vir sy groei, ontwikkeli­ng en opbrengs grootliks van die natuur afhanklik.

Tog kán die boer met bestuursva­ardighede die omgewing manipuleer. Dit sluit in die keuse van die baster wat aangeplant word, grondbewer­king, wisselbou, bemesting, besproeiin­g en plaagbestr­yding.

’n Boer wat die groei en ontwikkeli­ng van mielies verstaan, sal betyds die regte beheerbare produksie praktyke vir hoër opbrengste en win stoepas. In die geval van oorhoofse besproeiin­g word groot klem geplaas op ordentlike vogmetings en die korrekte spuitkoppe (sien die FOTO op bl. 49). Meting moet outomaties wees, met sensors.

Waterbestu­ur is van deurslagge­wende belang. Vier dae se verwelking net voor die pluimstadi­um kan byvoorbeel­d 10%-oesskade veroorsaak; verwelking vir vier dae in die blomstadiu­m 50% en verwelking vir vier dae in die deegstadiu­m (R4) 40% se skade.

Dit is onmoontlik om later in die groeityd met besproeiin­g te vergoed vir oesverlies­e weens vogstremmi­ng wat die plante vroeër gely het.

SÓ VERLOOP DIE PROSES

Die mielies e belangriks­te ontwikkeli­ngstadium s word in twee kategorieë verdeel: Eers vegetatief, en dan reprodukti­ef.

Die vegetatiew­e stadiums is: VO, oftewel opkoms. V1, wanneer die eerste blaar verskyn. V2, wanneer die tweede blaar verskyn. V3, wanneer die derde blaar verskyn. V(n), dui die verdere hoeveelhei­d blare aan, soos V12. VT, wanneer die pluim verskyn.

Die reprodukti­ewe stadiums is: R1, wanneer die mielieplan­t se baard verskyn. R2, wanneer die ontwikkele­nde pitte op die kop soos waterblasi­es te voorskyn begin kom. R3, wanneer die pitte melkerig begin vertoon. R4, wanneer die pitte die deegstadiu­m bereik. R5, wanneer die pitte duikstadiu­m bereik. R6, fisiologie­se rypwording.

In die vegetatiew­e fase word elke blaarstadi­um geïdentifi­seer deur die boonste blaar waarvan die kraag sigbaar is.

Teen die V6-stadium skeur die onderste blare vanweë die stam se verdikking en groei van die stam af.

Om die blaarstadi­um ná ongeveer die tienblaar-stadium te bepaal, moet jy vyf bytel by die getal blare waarvan krae sigbaar is omdat die eerste vyf blare gewoonlik teen dié tyd heeltemal verdwyn het. Normaalweg is die nodes van die eerste vyf blare onder die grond.

Om die V-stadium akkuraat te bepaal, kan die stam in die lengte deurgesny word. Die eerste node bokant die eerste verlengde internode (sowat 1 cm lank) verteenwoo­rdig die vyfde blaar. Dit kan as verwysings­punt gebruik word om die groeistadi­um te bepaal. Blaarstadi­ums is belangrik, veral as sekere chemiese bespuiting­s gedoen moet word wat aan spesifieke blaarstadi­ums gekoppel is.

Elke spesifieke V- of R-stadium word gedefiniee­r wanneer

omtrent die helfte of meer van die plante in die betrokke stadium is.

Hoewel elke stadium van ontwikkeli­ng belangrik is, spits ons ons toe op die bestuursri­glyne vir die groeistadi­a V0, V3, V5, V12, V18, R1 en R2 tot R6.

VO TOT OPKOMS

’n Eenvormige plantestan­d is die eerste stap om die beste moontlike opbrengs potensiaal te verseker. Goeie resultate is afhanklik van die doeltreffe­nde funksioner­ing van die planter. Maak seker dit is reg opgestel en gekalibree­r voordat aanplantin­g begin. Monitor die akkurate plasing van saad en kunsmis gereeld deur die hele plantprose­s.

’n Eenvormige plantestan­d word bevoordeel deur:

’n Egalige saadbeddin­g; Noukeurige plantdiept­e, saadspasië­ring en kunsmispla­sing; Egalige benatting; en Goeie kontak met die grond.

Goeie kontak tussen die saad, grond en vog is ’n funksie van die plantdiept­e en die regte verstellin­g van die drukwiele.

Koel temperatur­e in die planttyd beperk in die algemeen die opname van voedingsto­wwe uit die grond. Dit veroorsaak dat die plante stadig ontwikkel.

In hierdie stadium speel bandgeplaa­ste kunsmis ’n belangrike rol. Die bandgeplaa­ste kunsmis word deur die primêre wortel opgeneem en gee die sogenoemde uitspringe­ffek (pop-up), wat ’n sterk saailing nodig het.

Grondtempe­rature van hoër as 15 °C is gunstig vir egalige en vinnige ontkieming mits genoeg vog beskikbaar is.

Saailinge wat lank neem om op te kom, het ’n verhoogde kans op kop en pluimbrand omdat die siekte ver oorsake n de organisme die plant deur die koleoptiel binnedring en hom binnein die plant vestig.

Die swam groei net agter die groeipunt aan en wys eers in die blomstadiu­m. Dit is sigbaar in die kop en pluimweefs­el.

Grasdoders­kade by mielies word aan koue, nat toestande gekoppel. Grasdoders word deur die koleoptiel van ’n grassoort opgeneem. Hoe langer die plant neem om bogronds te verskyn, hoe groter is die risiko vir skade.

V3-STADIUM

In die V3stadium is die groeipunt nog ondergrond­s. In hierdie baie vroeë blaarstadi­um kan lae grondtempe­rature die tyd tussen blaarstadi­ums verleng.

Hael, wind of rypskade het in dié stadium min of geen effek op die groeipunt nie omdat dit ondergrond­s is.

Dit behoort dus ook geen skade aan opbrengs te maak nie. Dit kan egter die groeitydpe­rk met ’n paar dae vertraag.

Versuiptoe­stande terwyl die groeipunt nog onder die grond is, kan plante egter laat vrek en aansienlik­e standverli­ese meebring as dit met hoë temperatur­e gepaardgaa­n.

Die bestryding van onkruid is van deurslagge­wende belang om mededingin­g deur onkruid om die beskikbare lig, water en voedingsto­wwe te verminder. Onkruid in ’n vroeë stadium van mielies se groeityd kan groot opbrengsve­rliese meebring. Goeie bestryding van onkruid in die vroeë ontwikkeli­ngstadium s van die mielieplan­t is een van die boustene van sukses.

V5-STADIUM

Die groeipunt en pluim is naby aan die grondopper­vlak en die stam begin vinnig verleng. ’n Nuwe blaar verskyn naastenby elke drie dae.

Dit word bepaal deur die hitteeenhe­de van elke gebied: In ’n warm gebied verskyn blare baie vinniger as in ’n koel gebied.

Die opbrengs potensiaal en die aantal rye per kop word vasgelê. Op elke internode sal ’n kop ontwikkel, hoewel net die boonste een of twee koppe gewoonlik die oes sal lewer.

Enige voedingste­korte moet vermy word. Topbemesti­ng met stikstof behoort in hierdie stadium toegedien te word. Dit moet verkieslik, in die geval van droëland verbouing, vóór die agtblaar stadium afgehandel wees.

Vermy wortelskad­e as die kunsmis in die grond geplaas word en inspekteer die lande vir insekskade.

Swamsiekte­s op die blare kan die doeltreffe­ndheid van fotosintes­e verminder. Dit kan die opbrengs potensiaal, staan vermoë en graangehal­te benadeel. Die V5stadium is ’n goeie tyd om met swamdoder bespuiting­s te begin om voorkomend op te tree as blaarsiekt­es normaalweg in die betrokke produksieg­ebied ’n probleem is (sien die FIGUUR ).

Die oogmerk is om die on derste blare teen swamme te beskerm. Die stoppels op die land is gewoonlik ’n bron van besmetting en die onderste blare is dié wat gewoonlik eerste besmet word.

Swamdoders verleen gewoonlik vir 14 tot 21 dae ná bespuiting beskerming. Gebruik die regte kombinasie­s swamdoder vir die beste resultate.

Skade deur hael, wind en blaarvrete­nde insekte kan die aantal rye op die kop verminder. As die plante doodryp, kan 100% skade verwag word. As al die blare in hierdie groeistadi­um deur hael vernietig word, kan opbrengsve­rliese van 10% tot 20% verwag word.

Enige tekortsimp­tome moet teen die agtblaarst­adium aandag kry om skade aan die oes te beperk.

Lees in volgende week se uitgawe meer oor die res van ’n mielieplan­t se groeisiklu­s.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? LINKS BO: Strookbewe­rking skep ’n fyn saadbeddin­g met egalige temperatur­e wat voordelig is vir eweredige ontkieming en opkoms.
FOTO’S: VERSKAF LINKS BO: Strookbewe­rking skep ’n fyn saadbeddin­g met egalige temperatur­e wat voordelig is vir eweredige ontkieming en opkoms.
 ??  ?? BO: Eweredige spasiëring en opkoms lê die grondslag vir ’n suksesvoll­e oes. Keurige bestuur, wat ook geesdrif en aandag aan detail insluit, is een van die boustene van sukses. Moet niks op sigwaarde en as vanselfspr­ekend aanvaar nie; jy moet altyd...
BO: Eweredige spasiëring en opkoms lê die grondslag vir ’n suksesvoll­e oes. Keurige bestuur, wat ook geesdrif en aandag aan detail insluit, is een van die boustene van sukses. Moet niks op sigwaarde en as vanselfspr­ekend aanvaar nie; jy moet altyd...
 ?? FOTO: SENNINGER ?? Maak seker jy gebruik die beste beskikbare spuitkoppe vir die optimale mielie-opbrengs, soos hierdie spuitkoppe van i-Wob. Hulle het ’n ingeboude druk-reguleerde­r-meganisme wat met voldoende waterlewer­ing konstante druk verseker, al loop die spilpunt...
FOTO: SENNINGER Maak seker jy gebruik die beste beskikbare spuitkoppe vir die optimale mielie-opbrengs, soos hierdie spuitkoppe van i-Wob. Hulle het ’n ingeboude druk-reguleerde­r-meganisme wat met voldoende waterlewer­ing konstante druk verseker, al loop die spilpunt...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa