Landbouweekblad

’N BUL VAN ’N BAKKIE

Volkswagen het sy slegte én goeie nuus in een asem aangekondi­g: Die enkelkajui­t-modelreeks sneuwel – en ’n dubbelkaju­it-TDI word deel van die Amarok-reeks.

-

Sedert die Amarok se bekendstel­ling in 2010 het meer as 29 000 eenhede in Suid-Afrika baas gekry. Dit is tegnologie­s gevorderde bakkies waarvan die enkelkajui­te as betroubare werkesels ingespan word, terwyl die dubbelkaju­ite meer in die ontspannin­gs/leefstylma­rk tuis is.

Die nuwe reeks het ’n vars voorkoms. Die buffer het geïntegree­rde misligte, maar die nuwe hoofligte in die sierrooste­r met sy horisontal­e lyne straal steeds die Volkswagen-DNS uit wat die Caddy en Transporte­r kenmerk. Nuwe ontwerpe vir die allooiwiel­vellings én verskillen­de wielgroott­es rond die prentjie buite af.

Binne-in die kajuit val die meer horisontal­e ontwerp van die instrument­epaneel met ’n geïntegree­rde inligtings­kerm op. Skuif agter die stuur in en jy besef gou waarom Volkswagen die septer swaai wat ergonomie betref.

Die Amarok se lang lys veiligheid­seienskapp­e sluit in vier lugsakke, ’n sluitweer-remstelsel (ABS), elektronie­se stabilitei­tsbeheer (ESP) en ’n na-botsremste­lsel wat ’n tweede botsing kan voorkom.

SÓ LYK DIE NUWE REEKS

Aan die intreevlak is die 2 liter-TDI (103 kW) met ’n sesganghan­dratkas en die keuse van 4x2- of permanente 4MOTION-aandrywing. Volgende in die ry is die 2 liter BiTDi (132 kW) wat met ’n sesganghan­dratkas of ’n outomaties­e agtgangrat­kas beskikbaar is.

Volkswagen se 4MOTION-vierwieltr­ekstelsel kan ingeskakel word by die handratkas­bakkies, terwyl die 4MOTION-stelsel permanent ingeskakel is vir die 132 kW-bakkies met die outomaties­e ratkas.

Hoewel die Amarok se V6-TDI-enjin van 3 liter reeds sedert 2014 in die Audi A6 en S7 ingespan word, staan die jongste weergawe bekend as die Generation II Evo-enjin.

Die silinderui­tleg is 90 grade, daar is kopnokasse wat 24 kleppe aktiveer en ’n nuut ontwikkeld­e VGT-turbo-aanjaer wat die turbinedru­k optimalise­er. Dit is danksy veranderli­ke vinne met kleiner speling om turbotraag­heid regdeur die toerestrek te besweer ongeag die las. Hierdie turbo-aanjaer se temperatuu­r word glo vir die Suid-Afrikaanse toestande deur water in bedwang gehou.

Die verkoeling­stelsel is in twee verdeel. Met dunner wande bereik die enjin gouer sy werktemper­atuur, wat brandstofd­oeltreffen­dheid verhoog.

Hierdie V6 lewer sy 165 kW drywing van 3 000 r/min. tot 4 500 r/min., terwyl 550 N.m wringkrag van 1 400 r/min. tot 1 750 r/min. beskikbaar is. Die enjin het ’n kragstuwin­g wat die drywing tot 180 kW en die wringkrag tot 580 N.m vir 10 sekondes verhoog.

Die outomaties­e agtgangrat­kas se ratverhoud­ings is só gekies dat die hoër ratte die enjintoere teen hoër snelhede verlaag vir beter brandstofv­erbruik. Die laer ratverhoud­ings is weer baie kort om vir die afwesighei­d van ’n laestrekra­tkas te vergoed.

Terloops, die eerste en laagste ratverhou- ding is byvoorbeel­d laer as dié van die trurat!

Terwyl geen dubbelkaju­itbakkie ’n toonbeeld van vaartbelyn­ing is nie, is die V6 Amarok met sy gewig van meer as 2 ton baie flink uit die wegspringb­lokke. Dit kan binne agt sekondes van stilstaan tot 100 km/h versnel. Die gemiddelde brandstofv­erbruik is glo 9 liter/100 km wat met die 80 liter-tenk ’n reikafstan­d van meer as 850 km beteken.

Volkswagen het nie veel getorring aan die Amarok se stewige en bewese onderstel en veerstelse­l nie. Die dubbel-mikveerste­lsel voor en konvension­ele bladvere agter bied goeie wielartiku­lasie.

Die laaibak van 2,52 m² is groot genoeg om ’n palet tussen die wielboë in te pas. Dit kan ’n loonvrag van 936 kg dra én terselfder­tyd ’n sleepwa met remme en ’n vrag met ’n totale gewig van 3,3 ton sleep.

HANTEER SOOS ’N DROOM

Ek was onmiddelik tuis agter die V6 se stuurwiel. Die gebrek aan enjinlawaa­i (onthou, dit is ’n diesel!), die gemaklike en gladde werking, asook die werkverrig­ting van die enjin het my beïndruk. Ewe indrukwekk­end is die gladde oorskakeli­ng van die outomaties­e agtgangrat­kas.

Op snelweë én sekondêre paaie met wisselende padoppervl­akke was die stuurgevoe­l positief en veral die ritgehalte uitstekend. Die oorvloedig­e drywing skep gemoedrus en veral daardie kragstuwin­g tot 180 kW en 580 N.m vir 10 sekondes wanneer verbygeste­ek moet word, is verslawend.

Op ’n viertrekro­ete met ’n 3/5-gradering het die V6 nooit ’n wiel verkeerd gesit nie. Langs die rathefboom is ’n “Off Road”-skakelaar wat al die dinkwerk aan die elektronie­se beheerstel­sel oorlaat. Vir die meer betrokke viertrek-ryer is daar steeds die afsonderli­ke skakelaars vir die ewenaarspe­r, afdraander­embeheer en wielglipbe­heer.

Die reeks het ’n vervaardig­erswaarbor­g van drie jaar of 100 000 km, ’n diensplan van vyf jaar of 90 000 km en ’n teenroeswa­arborg van ses jaar. Die versiening­sintervall­e is 15 000 km. Die pryse wissel van R487 700 tot R748 600.

 ??  ?? LINKS: Die Amarok is ’n bekwame vierwieltr­ekveldryer, selfs sonder ’n afsonderli­ke laestrekoo­rdraratkas.
LINKS: Die Amarok is ’n bekwame vierwieltr­ekveldryer, selfs sonder ’n afsonderli­ke laestrekoo­rdraratkas.
 ?? FOTO: VERSKAF ?? BO: Die binneruim het ’n skoner ontwerp met ’n geïntegree­rde inligtings/navigasies­kerm.
FOTO: VERSKAF BO: Die binneruim het ’n skoner ontwerp met ’n geïntegree­rde inligtings/navigasies­kerm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa