Landbouweekblad

VERLIGTING KOM DALK MET BRANDSTOFP­RYSE

- – NICO VAN BURICK

INSETTE Ná die skerp styging in brandstofp­ryse in die begin van die maand kan verbruiker­s uitsien na ’n mate van verligting in Junie.

Mnr. Wandile Sihlobo, ekonoom by die landbousak­ekamer Agbiz, sê danksy ’n daling in die prys van Brent-ruolie het dit teen die middel van die maand gelyk of daar op 7 Junie ’n daling van 23 sent per liter in die prys van petrol en ’n daling van sowat 19 sent per liter in die dieselprys kan wees.

“Die ander faktor wat ’n rol kan speel, is die wisselkoer­s, maar daar was nie ’n beduidende veranderin­g in die koers nie.

“Die prys van Brent-ruolie het van gemiddeld $54 per vat in April tot gemiddeld $49 per vat gedaal.”

Hoewel dit nie ’n groot daling in brandstofp­ryse is nie, behoort die hele landbousek­tor daarby baat te vind omdat dit saamval met oestyd in die somerreëng­ebied en planttyd in die winterreën­gebied. Brandstofk­oste is sowat 11% van ’n graanboer in Suid-Afrika se produksiek­oste.

’n Moontlike daling in brandstofp­ryse in Mei is omskep in ’n verhoging weens pres. Jacob Zuma se middernagt­elike kabinetsko­mmeling en die skade wat dit aan die rand veroorsaak het. Dit het meegebring dat die prys van petrol op 3 Mei met 49 sent per liter en die prys van diesel met 30 sent per liter gestyg het.

In April was daar ’n daling van 24 sent per liter in die petrolprys en ’n daling van 11 sent per liter in die prys van diesel.

Al die vorige maande vanjaar het die pryse gestyg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa