Landbouweekblad

R100 000 VIR BEWYSVAN ‘GESTEELDE GROND’

- Op landbou.com

Die TLU SA het ’n beloning van R100 000 uitgeloof vir enigiemand wat bo redelike twyfel kan bewys dat enige kommersiël­e boer sy grond gesteel het.

PIET PLANTER skryf: Fantasties. Dinamiese denkrigtin­g! Nog meer daarvan, asseblief.

KRYN skryf: Jul geld sal veilig wees. Uitstekend­e idee, dankie. Ek is lankal moeg vir die beskuldigi­ng “julle boere het die grond gesteel”.

JACK DE KLERK skryf: Laat plaas die advertensi­e vir die beloning op The Citizen en Sowetan se voorblad.

DIRK CALITZ skryf: Ek vergroot die beloning met ’n ekstra R1 000.

DEON DE WAAL skryf: Asek die geskiedeni­s reg verstaan, is wit én swart mense immigrante in Suid-Afrika.

WILLY WATSON skryf: Hoekom nie ’n miljoen rand nie? Dan kan ’n klomp mense besig gehou word.

PIETER ROUX skryf: Hierdie beloning is nou unieke en vernuwende denke op sy beste, Wel gedaan, TLU SA! Ons wil onsself graag met goeie sake besig hou en oor beesrasse, ensovoorts, gesels. Deesdae moet ons egter die heeltyd walgooi teen die leuens wat oor ons opgedis word. Ek is baie dankbaar dat die TLU SA daadwerkli­k en sonder vrees opstaan teen die onsmaaklik­e leuens en bereid is om die waarheid te beklemtoon. Geen grond is gesteel nie. Diegene wat daardie emosionele treinrit oor die afgrond onderneem, hou hulself slegs met die aanhitsing van spanning onder die bevolking besig (en dít net om onder meer staatskapi­ng te probeer wegsteek).

JONATHAN DEAL skryf: Ek neem aan niemand het al die beloning ontvang nie?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa