Landbouweekblad

Kies ’n filosofie wat sin maak

Dink mooi oor jou geld en watter opbrengste jy wil bereik. Kies dus ’n belegging wat voorsienin­g maak vir die mark se onsekerhei­d. Dit is dalk nie baie opwindend nie, maar jy sal die vrugte daarvan pluk.

- NAVRAE: E-pos: Ronald.King@psg.co.za

Vroeg in my lewe het ek besluit ek wil nie vervelig wees nie. Deurmekaar, ja, dalk ingewikkel­d, maar nooit vervelig nie. Die afgelope 30 jaar het ek egter geleer dat wanneer dit by beleggings kom, jy eerder vervelig as sexy moet kies.

Baie mense glo hoe meer sexy ’n belegging gestruktur­eer is, hoe beter sal die opbrengs wees. Met onsekerhei­d wat al hoe meer algemeen is, raak die beleggings wat groot beloftes aan jou maak ál aantreklik­er. Ongelukkig is die kool dikwels nie die sous werd nie.

’n Aantal produkte het op die mark verskyn met vernuwende maniere waarop die bestuursge­ld gehef word en dit lyk of dit goedkoop kan wees. Ons ondersoeke het egter aangedui die meeste daarvan is veel duurder as die gewone produkte – sonder enige voordeel. Dieselfde geld beleggings met prestasie tariewe. Hoewel die beginsel sin maak, bevoordeel die meeste van dié beleggings eerder die fondsbestu­urder as die belegger.

Maak seker die bestuursge­ld is so na as moontlik aan nul as die fondsbestu­urder nie sy doelwit behaal nie. Hy moet net soveel verloor as hy swak vaar as wat hy wen as hy goed vaar. Kyk ook waarteen hy homself meet vir sy prestasie. As ’n fonds 100% in aandele belê is, sal sy langtermyn prestasie kontant met minstens 5% klop. As die maatstaf dus kontant plus 2% is, moet jy weet jy gaan oor die algemeen baie duur betaal.

WAARBORG PRODUKTE

Versekeraa­rs moet aan wetlike vereistes voldoen as hulle waarborge uitreik en dit kos geld. Hulle moet ook baie seker wees hulle sal die waarborg kan eerbiedig en daarom gebruik hulle staats beleggings met baie lae risiko’s. Dus moes die opbrengs wat hulle kry en aan jou oorbetaal ’n groot hoeveelhei­d koste delg – jy gaan dus baie minder uitkry.

Waarborgpl­anne bind jou ook vir vyf jaar. Derhalwe verloor jy nie net die koste nie, maar ook die potensiaal om die opbrengste in die mark te verdien. Dit is seker die grootste probleem met waarborgpl­anne. Die onderligge­nde beleggings is goeie beleggings vir ’n termyn van twee tot drie jaar, maar behoort nie gebruik te word vir termyne van vyf jaar nie.

GESTRUKTUR­EERDE PRODUKTE

Sekere produkte se prestasie is afgelei van ander. As die prys van die Amerikaans­e mark byvoorbeel­d val, kry jy jou kapitaal terug. As die mark egter styg, kry jy 20 keer die styging as opbrengs. Die produk het egter onderligge­nd twee produkte wat elkeen sy eie risiko dra en nooit gekwantifi­seer word nie.

Die kapitaa lwaarborg word gebied deur ’n laeklas-lening wat gewoonlik aan ’n finansiële instelling gemaak is. As die lening misluk, is jou hele belegging weg. Dieselfde geld die instelling wat die instrument uitreik en wat gekoppel is aan die Amerikaans­e mark.

Hierdie binêre produkte is dus gevaarlike­r as wat dit lyk. Dit is nie ’n geval van jy kry jou kapitaal terug of ’n hoë opbrengs nie, maar ’n geval van jy verloor al jou geld óf jy kry net jou geld terug óf daar is die moontlikhe­id dat jy ’n goeie opbrengs kan kry. Skielik tel

sexy nie meer in jou guns nie.

DIE OPLOSSING

Kies ’n belegging sfilosofie wat sin maak en een wat voorsienin­g maak vir die onsekerhei­d van die mark.

Ons volg al jare lank ’n filosofie wat sê jy moet die geld wat jy vir die volgende twee jaar benodig in kontant plaas, en die geld vir die derde jaar in inkomstefo­ndse. Inkomstefo­ndse bestaan hoofsaakli­k uit lenings van twee tot vyf jaar aan die staat en banke en betaal derhalwe ’n klein bietjie hoër rente as kontant. Die geld wat oor drie tot ses jaar benodig word, moet in laerisikof­ondse geplaas word wat nie meer as 40%-blootstell­ing aan die mark het nie.

Ons sal eers ernstig na aandele begin kyk vir geld wat sewe jaar of langer belê word.

Wanneer jy dan drie jaar lank geen opbrengs het nie, het jy nog net van jou kontant en inkomstefo­ndse gebruik en het jou aandele steeds tyd om te groei. Dié filosofie is glad nie sexy nie; trouens, dit is baie vervelig. Maar daar is niks vervelig aan goeie, betroubare opbrengste nie.

Adv. Ronald King is hoof van strategies­e navorsing by PSG.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa