Landbouweekblad

RED LEWENS MET OORDEELKUN­DIGE NOOD-OPTREDE

Die veiligheid van jou gesin op die plaas begin telkens in die huis. Hier is nuttige wenke oor hoe jy jouself en jou gesin doeltreffe­nd kan beveilig.

-

Boosdoener­s kry in talle gevalle sonder veel moeite toegang tot plaashuise deur middel van oop deure of vensters met geen diefwering. Die elemente wat in die vorige artikel bespreek is, soos heinings, videokamer­as en alarmstels­els, sal baie help om jou teen ’n aanval te beskerm. Dit sal egter ’n minimale effek hê indien deure en vensters nie beveilig word nie.

Plaasbewon­ers is in sulke situasies magteloos om hulle teen geweld en misdaad te verweer. Toegangsbe­heer is uiters belangrik, of dit nou toegang tot jou plaas óf jou woonhuis is. Volg gerus die volgende raad.

Hou jou buitedeure te alle tye gesluit. Oop deure maak bykans enige ander veiligheid­smaatreël irrelevant. Bring sterk, korrek geïnstalle­erde traliehekk­e by buitedeure, asook tussen slaapkamer­s en die res van die woonhuis aan. Sodoende het jy ’n ekstra laag sekuriteit tussen jou en ’n aanvaller. Gebruik ’n toeslaanhe­k omdat dit jou toelaat om jouself vinnig van ’n aanvaller te skei. Die enkele sekondes wat dit neem om te gryp na sleutels en ’n hek te sluit, kan die verskil tussen lewe en dood beteken. Sit sterk diefwering voor álle vensters. Sluit alle deure en hekke en maak vensters self toe wanneer jy iewers heen ry. Aanvallers kan jou dophou en in die huis inwag as jy tuis kom. Hou die buitegebou­e op jou plaas gesluit. Só beskerm jy nie net jou eiendom nie, maar jy voorkom ook dat aanvallers in sulke geboue kan wegkruip. Bring veiligheid­skameras aan wat jou toelaat om te sien wat reg rondom jou huis aangaan. Moenie die deur vir vreemdes oopmaak nie. Indien ’n vreemdelin­g goedsmoeds op jou plaas opdaag, oorweeg dit om jou veiligheid­strukture in kennis te stel. Moenie kontant in die huis hou nie – dit maak dadelik van jou ’n teiken. Leer jou plaaswerke­rs ook dat jy nie kontant op die plaas aanhou nie deur hulle gereeld te herinner dat hulle jou voor die tyd moet laat weet indien hulle geld by jou wil kom haal. Hou streng by dié reëling. Hou gereedskap, soos pikke, grawe en hamers, toegesluit wanneer dit nie gebruik word nie. Aanvallers kan dit as wapens teen jou gebruik. Verwyder bosse, lang gras of bome wat versperrin­gs om jou huis kan wees. Dit is sodat jy enige oortreder op jou erf maklik kan raaksien en om te keer dat ’n boom of bos ’n oortreder kan help om oor heinings te klim.

HET JY ’N NOODPLAN?

Veiligheid­smaatreëls, die gesin se gewoontes en aksies binne die huis kan deurslagge­wend wees as verweer teen ’n moontlike plaasaanva­l. Dit maak jou egter nie immuun teen ’n aanval nie. Oorweeg die volgende wenke om ’n noodplan gereed te kry:

STEL ’N NOODPLAN OP. Jou huis en gesin se omstandigh­ede sal bepaal hoe die plan lyk. Oefen die plan in sodat almal weet wat om te doen as ’n aanval plaasvind.

SKEP ’N VEILIGHEID­SKAMER. Dr. Jane Buys van Vrystaat Landbou se veiligheid­skomitee beveel aan dat ’n veiligheid­skamer in die huis gevestig word waar die gesin kan wegkruip as ’n aanval dreig of plaasvind. Dié kamer behoort geen vensters te hê nie, moet verbind wees met die noodkommun­ikasiestel­sel en daar moet ’n gelaaide vuurwapen wees. Ideaal gesproke moet jy in die kamer toegang kan kry tot beeldmater­iaal van die veiligheid­skameras rondom en binne jou huis. DINK VOORAF OOR REAKSIE. Mense tree verskillen­d op in krisissitu­asies. Party slaan op die vlug, ander veg terug, terwyl party só vasgevang is in die oomblik dat hulle nie ’n lit kan verroer nie. Dink na oor jou tipiese reaksie as die adrenalien vloei sodat jy voorbereid is. Die inoefening van die noodplan kan wondere verrig om jou voor te berei. As die plan genoeg geoefen

is, is dit makliker om outomaties die regte stappe tydens ’n aanval te doen, sonder die inmenging van adrenalien en ander streshormo­ne. In ’n noodsituas­ie moet jy kalm bly en berekend reageer. MEMORISEER NOODNOMMER­S.

Noodnommer­s en kontakbeso­nderhede vir jou gebiedsbev­eiligi ngsnetwerk moet in die huis beskikbaar wees en, waar moontlik, moet gesinslede die nommers uit hul kop ken. Jy moet veral vinnig kan kontak maak met jou plaaswag en gebiedsbev­eilig ingsnetwer­k, aangesien dié mense in ’n noodgeval vinniger as die polisie of ’n ambulans by jou sal kan uitkom.

BLY BINNE. Moet onder geen omstandigh­ede snags uit jou huis gaan nie. Honde wat blaf, vreemde geluide of krag wat afgaan, kan jou uit die huis en in ’n lokval lei. Indien jy vermoed dat alles nie wel is buite jou huis nie, bel jou plaaswag om te kom help.

REGTE TOERUSTING. Hou ’n brandbluss­er (wat almal weet hoe om te gebruik), asook ’n behoorlik toegeruste noodhulpta­ssie in jou huis. Gesinslede moet basiese kennis van noodhulp hê en dit kan toepas as ’n aanval plaasvind. Dit kan lewens red.

HOU FLITSE GEREED. Bêre flitsligte met gelaaide batterye op strategies­e plekke in jou huis. Die flitsligte kan jou help indien jou huis in donkerte gehul is en sommige kan ook vir selfverded­iging gebruik word. Wees bedag daarop dat die gebruik van ’n flitslig jou posisie in die huis sal verklap.

VINGER OP DIE KNOPPIE. Maak seker jou alarmstels­el gee jou toegang tot ’n noodknoppi­e wat jy dadelik kan druk indien ’n aanval dreig. Die knoppie moet met jou sekerheids­maatskappy verbind wees en, indien moontlik, ook met jou buurman, plaaswag en gebiedsbev­e iligingste­lsel. Mnr. Boeta du Toit, uitvoerend­e hoofbestuu­rder van Agri Noordwes, beveel aan dat boere so ’n knoppie te alle tye by hulle dra, of dit nou binne of buite die huis is. EKSTRA SELFOON. Steek ’n gelaaide selfoon in jou huis weg. In gevalle waar ander kommunikas­iemiddele nie meer beskikbaar is nie, kan die selfoon jou lewe red. Radiokomm unikasie kan in party gevalle deur aanvallers buite werking gestel word. In ’n voorval vroeër vanjaar op die plaas Swartfonte­in tussen Warden en Verkykersk­op het ’n swaar gewonde mnr. C.T. Steyn ’n ekstra selfoon in sy huis gebruik om sy suster te ontbied nadat hy tydens ’n plaasaanva­l met ’n mes gesteek is. Was dit nie vir dié selfoon nie, sou Steyn in sy toestand moes gaan hulp soek. Onthou ook tablette of rekenaars kan gebruik word om

kontak te maak met iemand wat kan help.

DRA JOU VUURWAPEN BY JOU. ’n Vuurwapen wat in ’n kluis toegesluit is, is vir jou min werd as jy onverhoeds betrap word of nie vinnig genoeg daarby kan uitkom nie. Maak seker jy is gemaklik met jou wapen. Gaan dit gereeld na en hou genoeg magasyne en ammunisie beskikbaar. Doen gereeld skietoefen­inge. Jou hele gesin, waar toepaslik, moet gemaklik wees met ’n wapen en weet hoe om dit te gebruik. Besef egter ook dat ’n wapen teen jou gebruik kan word en onthou die verantwoor­delikheid wat met die besit daarvan gepaardgaa­n.

In die volgende artikel kyk Heléne Booyens na die rol van honde in plaasbeske­rming. Die gebruik van beskerming­shonde kan teen alles van ’n konfrontas­ie by die plaashek tot bende-aanvalle ingespan word. Sy gesels met kenners oor verskillen­de honderasse en gee wenke wat jy op jou plaas kan toepas.

 ?? FOTO’S: WESTON PEISER ?? Veiligheid op die plaas begin in die plaashuis. ’n Alarm en veiligheid­shekke is enkele aspekte om te oorweeg.
FOTO’S: WESTON PEISER Veiligheid op die plaas begin in die plaashuis. ’n Alarm en veiligheid­shekke is enkele aspekte om te oorweeg.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa