Landbouweekblad

GOEIE PRYSE STEUN ONDERNEMIN­G

-

Die wêreldmark is betreklik optimistie­s oor wol as kledingsto­f en die omgewingsv­riendelik e eienskappe van dié vesel teenoor mededingen­de kleding vesel wen veld.

Dit was die gewaarword­ing van mnr. Isak Staats, hoof van wol en bokhaar by BKB, op sy besoek aan die afgelope kongres van die Internasio­nale Wol tekstiel organisasi­e (IWTO) in Brittanje.

“Dit is ‘n produk met goeie ‘groen’ eienskappe en baie van die bespreking het oor die bemarking daarvan gegaan,” sê hy.

“BKB beleef tot dusver ‘n goeie jaar met die huidige gunstige wolpryse wat die ondernemin­g ondersteun,” sê Staats.

Van die bespreking­spunte het oor die navorsing van wol gehandel asook wol se gebruik as mediese behandelin­g van veltoestan­de.

Volgens Staats geniet die SuidAfrika­anse skeersel goeie navraag oor die land se liggingvoo­rdeel ten opsigte van Europa, asook die plaaslike produsente se goeie hantering s praktyke van hul kuddes.

Nog ‘n gewaarword­ing is die feit dat die vraag na sterker wol (van dikker as 22 mikron) wêreldwyd traag verloop, deels weens die modesiklus van wolverbrui­k in kledingstu­kke wat oor tydperke van vier jaar verloop.

“Die gemiddelde veseldikte van die SuidAfrika­anse skeersel is 19,6 mikron, wat SuidAfrika­anse wol as die voorste verskaffer van kleedwol ter wêreld laat uitstaan,” sê hy.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa