Landbouweekblad

Durban-metro wil nou met hoenders boer

- – PADDY HARPER/CITY PRESS

DIE eThekwini-munisipali­teit het die sukkelende hoenderpro dusent RCL Foods R15 miljoen aangebied vir sy Uitkomst- en Doornrug-hoenderpla­se, wat op die mark is nadat die maatskappy besluit het om sy bedrywighe­de af te skaal.

Die munisipali­teit wil vrylopende, inheemse pluimvee vir die plaaslike en streeksmar­k op dié plase lewer, en sê die besluit is geneem om afgedankte werkers van RCL by te staan.

Die genoteerde hoenderpro dusent het onlangs 1 350 werkers uit diens gestel, en 13 van sy 25 plase in die Hammarsdal­e- en Camperdown-omgewing is tans op die mark.

Die eThekwini-stadsraad het op ’n vergaderin­g op 28 April gestem ten gunste van die koop, kragtens ’n nuwe “Radikale Agrariese Sosiaal-ekonomiese Transforma­sie program”. Mnr. Thulani Nzama, waarnemend­e hoof van die munisipali­teit se eenheid vir sakesteun, toerisme en markte, sê die munisipali­teit steun verskeie bestaande hoender- en varsproduk­teprodusen­te in sy landelike gebiede, en die nuwe plase sal saam met hulle werk.

HUUROOREEN­KOMS

Volgens Nzama wag die stad tans vir terugvoer van RCL op sy aanbod, en as alles goed gaan, kan die stadsraad reeds in Desember besit neem. Die stadsraad is besig om ’n vestigings- en bemarkings­plan vir die besigheid te finaliseer, wat oor alle landelike kiesafdeli­ngs heen toegepas sal word. Die stadsraad beoog ook om met die Food and Allied Workers’ Union (Fawu), wat die afgedankte werkers verteenwoo­rdig, te vergader om voorbereid­ings te tref om die plase in bedryf te stel.

Nzama sê enkele afgedankte werkers het die stadsraad genader, en hulle het reeds met plaaslike vakbondbas­e gepraat oor die tipe vaardighed­e wat nodig sal wees.

“Die plaaslike gemeenskap, waaronder ervare afgedankte RCL-personeel, sal aangemoedi­g word om die sake-entiteit te vestig wat dan ’n huurooreen­koms met die stad sal aangaan en die plaas bedryf,” sê hy.

MARKTE

Nzama sê die stadsraad is in gesprekke met hoenderpro­d usente om hulle te voorsien van vrylopende, inheemse hoender. Hulle het ook samespreki­ngs begin met provinsial­e staatsdepa­rtemente – onder meer korrektiew­e dienste, maatskapli­ke ontwikke- ling, onderwys en gesondheid – om hulle van hoendervle­is te voorsien sodat die plase markte sal hê sodra produksie volgende jaar begin.

“Op kort tot mediumterm­yn sal sleutel-staatsdepa­rtemente geoormerk word as potensiële markte vir die hoendervle­is- en eierproduk­te, in pas met die gewysigde Wet op Openbare Finansiële Bestuur,” het hy gesê.

Mnr. Katishi Masemola, hoofsekret­aris van Fawu, het die plan verwelkom en sê Fawu sou graag wou sien dat afgedankte werkers ’n meerderhei­dsa andeel in die nuwe besigheid het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa