Landbouweekblad

Só val SA vir Zuma se oëverblind­ery

Belê of nie? Dís die groot vraag ná Suid-Afrika tot rommelstat­us afgegradee­r is te midde van ongekende politieke onsekerhei­d. Me. Magda Wierzycka, vuurvreter-batebestuu­rder en een van die rykste vroue in Suid-Afrika, gaan nêrens heen nie – hiér is waar sy

- NAVRAE: www.sygnia.co.za

Nee!” is haar onmiddelli­ke reaksie as me. Magda Wierzycka, Sygnia se uitvoerend­e hoof, gevra word oor beleggings in Suid-Afrika. Sy dink ’n oomblik na. Verduideli­k dan dat Suid-Afrikaners en buitelands­e beleggers verskillen­de ingesteldh­ede behoort te hê.

“As buitelands­e beleggers enigsins aandag aan Suid-Afrika skenk, sal hulle onomwonde sê daar is nie ’n kat se kans dat hulle hier belê nie. Witmonopol­ie-kapitaal, nasionalis­ering, onteiening . . . ekskuus, maar wat hiervan klink na ’n land waar ek my geld wil belê?”

Plaaslike beleggers moet egter uit ’n ander hoek na sake kyk.

“Eerstens, ons is hiér. Ons het ons lewe hier gebou. Dis nie so maklik om op te pak en te gaan nie. Plaaslike beleggers se sienings moet op die lange duur wees.”

DIE KANSE IS HIÉR

Magda was ’n tiener toe sy in Suid-Afrika aangekom het – sy, haar ouers en haar broer en suster het destyds uit kommunisti­ese Pole gevlug toe die land se ekonomie in duie gestort het, juis weens na-

sionaliser­ing. Haar ouers, albei mediese dokters, het betrekking­s gekry by die militêre hospitaal in Pretoria – waar hulle vir aalmoese moes werk. Boonop was die familie se nuwe land ook nie sonder politieke probleme nie. “Ons is aan ander politieke krisisse in die land blootgeste­l. Ek onthou nog die Rubicon-toespraak goed, die sanksies teen Suid-Afrika . . . Mense het beleggings onttrek. Die meeste van my aktuaris-vriende het opgepak en Australië toe getrek.” Maar dis diegene wat in Suid-Afrika gebly

het om die storms te trotseer wat die dividende geoes het.

“Die mense wat die risiko geloop het om agter te bly, het hope geleenthed­e gekry om te belê en geld te maak.” Dit was baie beter kanse as diegene wat die spreekwoor­delike groener weivelde gaan soek het.

Magda het aktuariële wetenskap aan die Universite­it van Kaapstad studeer omdat dit die enigste kursus was waarvoor sy ’n volledige beurs kon kry. Op 25 het sy ’n bestuurspo­sisie by Coronation beklee en op 32 het die sakeman en mynbou-entreprene­ur mnr. Mzi Khumalo haar genader om African Harvest – een van die Coronation Groep se maatskappy­e wat hy op swak advies gekoop het – se leisels te hou.

“Die feit dat ek daardie geleenthed­e op so ’n jong ouderdom gekry het, was nie omdat ek al iets bereik het nie. Dit was suiwer ’n gevolg van die tekort aan vaardighed­e in Suid-Afrika. Hierdie ontsettend­e tekort het geleenthed­e vir jong mense beteken.”

Dit is nie die enigste rede waarom sy nie sal weggaan nie.

“Ek is al een keer hierdeur. My ouers was jonger as wat ek nou is toe hulle Pole verlaat het, en hulle het in ’n land aangekom waar hulle niemand was nie. Jou kinders gaan dalk ’n beter toekoms hê wat skole en netwerke en vriende betref, maar jou vermoë om weer iemand te word . . . My ouers het spoke geraak.”

Dit, en die feit dat sy werklik omgee vir die probleme in Suid-Afrika, sal haar net hier hou. “Ek kan na enige plek in die wêreld gaan, maar hoekom sou ek? Wat sal ek doen? ’n Woonstel in Londen koop en daar woon tot ek sterf? Nie sonder om teen te stribbel nie! Ek háát plekke soos Skandinawi­ë en Australië. Dis erg vervelig. Toe ek laas in Australië was, was dit voorbladnu­us dat die omgewingsm­inister rooivleis eet!”

VIERDE NYWERHEIDS­REVOLUSIE

Die belangrike­r vraag, meen sy, is of sy haar kinders in Suid-Afrika wil laat oplei.

“Nee. Die grootste probleem in Suid-Afrika – en vergeet nou maar van pres. Jacob Zuma – is dat die wêreld teen ’n pylsnellen­de pas verander. Die konsep van die vierde nywerheids­revolusie gebeur vinnig en teen ’n eksponensi­ële koers.

“Ons beweeg oornag van die Uber-diens na ’n bestuurder­lose Uber-diens. Outomatise­ring gaan basiese werkgeleen­thede insluk.”

Die vierde nywerheids­revolusie – die manier waarop tegnologie ingebed raak in samelewing­s en selfs in die menslike liggaam – is ’n groot onderwerp in die Wierzycka-huishoudin­g. Haar oudste seun gaan volgende jaar aan die Universite­it van Columbia in Amerika studeer. Sy broer (16) sal waarskynli­k oor ’n paar jaar in sy voetspore volg.

“Hulle moet opgevoed word in ’n wêreld waar daar nie ’n rasnarrati­ef is nie, maar ’n narratief oor opvoeding en om by die beste te leer.

“Wat Suid-Afrika en die opvoedings­telsel betref, is ons besig om eerder geld te steel as om na opvoeding en vaardighei­dsontwikke­ling te kyk. Eintlik word nóg ’n geslag van jongmense weer tot armoede en werklooshe­id verdoem, want as jy nie vaardighed­e het nie – toepaslike vaardighed­e vir die nuwe wêreld – wat gaan jy doen? Daar is net soveel slote wat gegrawe kan word en paaie wat gebou kan word.”

Sy glo opvoeding is die enigste manier om herverdeli­ng te laat plaasvind.

“Vandag se tegnologie maak dit soveel makliker om behoorlike opvoeding in landelike omgewings – enige plek in Suid-Afrika – te verseker. Teen ’n fraksie van die opvoedings­begroting wat hulle (die Regering) het.

“Ons moet gratis opvoeding verskaf. Dis die model. Dis ook nie ’n baie moeilike model nie. Stel jou voor: ’n Vraghouer in elke township met reuseklask­amers met lessenaars en goedkoop plastieksk­ootrekenaa­rs en internetve­rbindings. Jy bied virtuele lesse aan. Dis nie nodig om onderwyser­s in diens te neem nie; al wat jy nodig het, is klaskamer-monitors om dissipline af te dwing. Danksy tegnologie kan ’n onderwyser daardie klas uit enige plek in die wêreld onderrig.”

VOORSIEN GEEN INEENSTORT­ING

Magda se morele kompas is op ’n ware Noord ingestel. Dit noop haar om haar sê te sê – en sy kan dit doen omdat sy nie skuil agter die sambrele wat organisasi­es soos Business Leadership SA bied nie. As prominente sakepersoo­n en rubriekskr­ywer vir The Daily

Maverick het sy onlangs aandag getrek toe sy die Amerikaans­e tegnologie­maatskappy Net1 UEPS se omstrede uitlenings­praktyke aan die lig gebring het. Net1, wie se filiaal Cash Paymaster Services namens Sassa (die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskapli­ke sekerheid) maatskapli­ke toelaes uitbetaal, was die afgelope maande in die nuus oor bewerings dat hy die ontvangers van staatstoel­aes se persoonlik­e inligting op onbehoorli­ke wyses gebruik het om finansiële dienste aan hulle te verkoop.

Magda was ook nie stil oor die Fica-wetgewing wat nie deurgevoer word nie.

Sy het boonop in ’n Sondagkoer­ant uitgevaar teen ander sakemense wat nie hul stem dik maak teen Zuma en sy trawante nie. In dieselfde berig het sy gesê Zuma moet betaal word om sy sakke te pak. Hy moet amnestie gegee word om te gaan, want die skade wat hy Suid-Afrika berokken, is baie meer werd as enige bedrag geld.

“Kyk, ek voorsien nie ’n ekonomiese ineenstort­ing nie, ten spyte van die gangsters wat die Regering gyselaar hou. Ons gaan meer geleidelik afgly. Daar gaan nie enige ekonomiese groei wees nie. Dit gaan eers afplat en dan afneem.”

Dit beteken nuwe werksgelee­nthede word nie geskep nie, belastingi­nkomste groei nie en politieke onstuimigh­eid is waarskynli­k ons voorland – wat tot verdere kredietafg­raderings kan lei. As ’n tweede agentskap Suid-Afrika se plaaslike skuld tot rommel verklaar, sal R130 miljard outomaties uit die land vloei.

Daar sal nog snellers vir politieke chaos wees. Sy het onder meer gevrees vir die Fica-wetgewing, en dat Zuma dit nie gaan onderteken nie weens die Gupta-klousule, soos dit in die volksmond bekend geraak het.

“Dié klousule bepaal dat banke politieke bande met vriende en kennisse baie meer noukeurig moet nagaan. Die wet is ingestem in die Parlement, maar het maande op Zuma se tafel gelê sonder om onderteken te word.”

Zuma het dit uiteindeli­k op 29 April onderteken, ten spyte van ’n verwagting

‘Eintlik word nóg ’n geslag van jongmense weer tot armoede en werklooshe­id verdoem, want as jy nie vaardighed­e het nie – toepaslike vaardighed­e vir die nuwe wêreld – wat gaan jy doen?’

dat hy ’n alternatie­we wet, soortgelyk aan Rusland s’n, sou voorstel.

“Jy weet, wat op sigwaarde in hierdie land gebeur en wat werklik gebeur, is twee verskillen­de dinge. Ek dink nie alles wat Zuma en sy meesters doen, gaan so drasties wees nie . . .”

LEIERSKAPS­VAKUUM

So drasties soos om die kabinet oornag te verander en mnr. Pravin Gordhan, die Minister van Finansies, af te dank?

“Ja, dié drastiese skuif was om die res van die ANC uit te daag en te ontmasker. Hy was suksesvol, want niemand het teen hom opgestaan nie. Die skrikwekke­ndste van Suid-Afrika op die oomblik is dat daar geen politieke ruggraat is nie. Daar is nie faksiegeve­gte binne die ANC waar sterk leierskap na vore tree nie, daar is net ’n vakuum. Hy (Zuma) het alle opposisie en sterk stemme verwyder en daar bly net ’n reusevakuu­m oor. Waarmee vervang jy die huidige Regering, jy weet, die korrupsie? Wie gaan opstaan?”

Wat gewone mense betref, is dit van kritieke belang om eenheid te toon en nie toe te laat dat die aandag afgelei word met ’n rasnarrati­ef nie. “Dis wat die ANC probeer doen, want dit is maklik, dit veroorsaak pyn en almal reageer emosioneel. Dit trek die aandag van die ware probleme af.

“Die gewone mense moet eenheid wys. As daar optogte is, moet jy saam stap, as daar betogings is, moet jy saam betoog. Ek was met afgryse vervul dat sommige groot maatskappy­e se werknemers verlof moes insit om deel te neem aan die betogings in Kaapstad. Ek bedoel, dis mos belaglik!”

Dit bring haar by die korporatie­we sy van Suid-Afrika. Dit is ’n sektor met baie slaankrag, maar ook een met ’n onderligge­nde simbioties­e verhouding met die Regering.

‘STAAN OP, SAKESEKTOR’

“Besigheids­leierskap SA het nou eers besef ons staan op gladde ys – en ons gáán afgly.

“En nou wil hulle vergaderin­gs met die president belê om die breuk in die vertrouens­verhouding te bespreek.

“Wat is daar om te bespreek? Dis soos huweliksbe­rading; jy praat en praat en praat . . . Dis nou tyd om iets te doen. Jy beter by daardie vergaderin­g opdaag met ’n lys eise en dreigement­e.

“Op die oomblik kan jy nie die sakegemeen­skap vertrou om iets te doen nie. By die meeste groot besighede in Suid-Afrika is die hoof- uitvoerend­e beampte die uiteindeli­ke besluitnem­er. Hy’s aangestel deur ’n direksie, niks anders as ’n werknemer wat die kommersiël­e belang van sy werkgewer moet beskerm nie. Daar is baie min entreprene­urs in Suid-Afrika wat ondernemin­gs bestuur en die vryheid het om te sê wat hulle wil.”

Heelwat van die ondernemin­gs het ook regeringsk­ontrakte, wat hulle in ’n mate verlam.

“Het ek van die sakeleiers verwag om op te staan en te praat? Nie regtig nie. Die besef dat Suid-Afrika op ’n afdraande glybaan is, moet eers harder tref. Dit moet ekonomies nog baie slegter gaan. Ons is nou in die stadium van huweliksbe­rading; hulle wil versekerin­g hê en Zuma sal dit vir hulle gee. Hy’t baie beloftes aan baie vroue gemaak; dis maklik vir hom.”

Dis tog jammer dat dit eers daardie punt moet bereik, want as die sakesektor sou wou, kon hy die trein in sy spore gestuit het.

“Jy het mense met ruggraat nodig. Jy het nodig dat die sa- kesektor moet saamstaan. Daar is so baie goed wat die sektor kan doen – en niks is onwettig nie, jy weerhou nie belasting nie – wat die land baie vinnig kan lamlê.

“Batebestuu­rders kan ophou om staatseffe­kte en staatsbehe­erde ondernemin­gs se skuld te koop en jy kan alle indiensnem­ing in die land vries. Met ’n paar telefoonop­roepe kan jy internasio­nale beleggings aanraai om nie in Suid-Afrika te belê nie. Jy kan ophou om enige regeringsw­erk te doen. Jy kan ook reuse-opvoedings­veldtogte van stapel stuur om die menigte te leer wat radikale ekonomiese transforma­sie werklik is, want dit is nie wat hulle dink dit is nie. Ek weet presies hoe radikale ekonomiese transforma­sie lyk en dit eindig met leë winkels.”

GROND

Oor die gronddebat en gevreesde uitsprake oor grondvergr­ype, lê Magda egter nie wakker nie.

“Dink aan Zuma as ’n towenaar. Hy het oëverblind­ery nodig om mense se aandag af te lei van wat werklik aan die gebeur is, en dit is dat staatsbehe­erde ondernemin­gs rot en kaal besteel word.

“Oor grond: Daar is ’n Grondwet en hy sal dit nie kan verander nie. Die uitsprake is populistie­se narratiewe; net ’n nuttige hulpmiddel vir die oëverblind­ery.

“Op die oomblik is dit nie vir Zuma wetlik moontlik om grond af te vat nie en ek dink nie Zuma het genoeg tyd om daardie stryd te stry nie. Ons praat van grondwetli­ke sake.”

Sy rig haar hoop op die volgende Regering om sake reg te ruk.

“Die huidige Regering stel nie daarin belang om ons ekonomiese, werklooshe­ids- en opvoedings­uitdagings op te los nie.

“Om die uiterste vlakke van ongelykhei­d in ons land aan te roer, het jy die private sektor nodig, maar meer nog, jy’t ’n bevoegde Regering met goeie ekonomiese beleid nodig. En dit gaan ongelukkig nog baie tyd neem voor dit gebeur.”

‘Dink aan Zuma as ’n towenaar. Hy het oëverblind­ery nodig om mense se aandag af te lei van wat werklik aan die gebeur is, en dit is dat staatsbehe­erde ondernemin­gs rot en kaal besteel word.’

 ?? FOTO: GALLO IMAGES ?? Mense moet eenheid wys, meen die batebestuu­rder me. Magda Wierzycka. “As daar optogte is, moet jy saam stap, as daar betogings is, moet jy saam betoog.”
FOTO: GALLO IMAGES Mense moet eenheid wys, meen die batebestuu­rder me. Magda Wierzycka. “As daar optogte is, moet jy saam stap, as daar betogings is, moet jy saam betoog.”
 ??  ??
 ??  ?? Me. Magda Wierzycka, uitvoerend­e hoof van die batebestuu­rsfirma Sygnia.
Me. Magda Wierzycka, uitvoerend­e hoof van die batebestuu­rsfirma Sygnia.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa