Landbouweekblad

Melkproduk­sie kan weer groei

- — CARIEN KRUGER

MELKPRODUK­SIE kan later vanjaar herstel en met sowat 2% groei, sê dr. Koos Coetzee, ekonoom van die Melkprodus­ente-organisasi­e (MPO). Daarteenoo­r het melkproduk­sie verlede jaar met 0,5% gekrimp.

Coetzee het op ’n MPO-mediako nferensie gesê boere benodig ’n voerprys-tot-melkprys-verhouding van sowat 1:4 om gelyk te speel. As die verhouding tot 1:6 verander, kan melkboerde­rye meer winsgewend raak.

Sedert April verlede jaar het die mielieprys reeds met 29% gedaal, die sojaprys met 16% en voerpryse met 24%, terwyl die gemiddelde produsente­prys met 9% gestyg het.

In die binneland is daar danksy goeie somerreën goeie

somergraan­gewasse en ruvoerbesk­ikb aarheid. Koeie se kondisie is egter nie altyd goed nie omdat boere verlede jaar minder voer gehad het.

Coetzee sê hoewel dit in die suide van Suid-Afrika baie droog is, het melkproduk­sie daar in ’n vorige droogte gestyg toe boere hul koeie meer graan gevoer het.

‘GEBRUIK GELEENTHED­E’

Mnr. Bertus van Heerden, bestuurder van die MPO se eenheid vir landbou-ekonomie, het boere aangemoedi­g om mielies op termynkont­rakte te koop.

“’n Boer wag dikwels te lank voordat hy begin om pryse vas te maak. ’n Mens kan eerder vroeër begin en dit in klein hoeveelhed­e doen as om die beskikbare geleenthed­e heeltemal mis te loop.”

Dr. Chris van Dijk, uitvoerend­e hoof van die MPO, het gesê die melkbedryf se bydrae tot die ekonomie was verlede jaar R14,5 miljard. Dit bied werk aan sowat 50 000 plaaswerke­rs, met gemiddeld een werker vir elke 50 koeie.

Op 11 Mei was daar 1 550 melkboere, van wie 75% vrywillig lid van die MPO is. Die dalende getal melkboere is vir die MPO ’n bekommerni­s, maar Van Dijk sê wêreldwyd word melkboerde­rye ál groter, en ondanks Suid-Afrika se dalende getal melkboere, neem melkproduk­sie toe.

“Ons getal koeie het die afgelope klompie jare omtrent dieselfde gebly, maar minder boere produseer meer melk,” het Coetzee gesê.

KOMMUNIKEE­R BETER

Van Dijk sê die MPO het onlangs begin om maandeliks­e telekonf erensies met belanghebb­endes in die waardekett­ing te hou, soos banke, kleinhande­laars, sekere staatsdepa­rtemente en markkom mentators. Dit is met die doel om gestruktur­eerde kommunikas­ie in die waardekett­ing te bewerkstel­lig.

“Dit het voorheen gebeur dat rolspelers verkeerde inligting oor moontlike melktekort­e kry en dan op grond daarvan onder meer bestelling­s vir invoer plaas.”

Hy sê transforma­sie in die melkbedryf is ’n gegewe en baie belangrik. “Ons moet dit doen, maar moet dit wetenskapl­ik aanpak.

“Dit is ’n doodsvonni­s om net vir iemand 20 koeie te gee en te sê hy moet begin melk.”

Die MPO wil bestaande swart sakelui nader om in bestaande melkboerde­rye te belê. Sy instituut vir suiwelte gnologie sal tegniese bystand, mentorskap, blootstell­ing en opleiding bied.

‘’n Boer wag dikwels te lank voordat hy begin om pryse vas te maak.’

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa