Mielies soek warm dae, koel nagte
Warm nagte bevoordeel nie mielieproduksie nie, sê mnr. Pi eter Rademeyer, hoof landboukundige van die saadmaatskappy Pan nar.
Volgens die jongste seisoen s vooruitskouing van die SA Weerdiens voorspel die meeste modelle in die vyf maande tot September ’n groter kans op koeler toestande as normaalweg oor die noordooste van die land, en warmer toestande oor die suidweste.
Pieter sê dat die maksimum opbrengs teoreties behaal sal word as mielies in die langste dae van die jaar blom. Dit is omdat die mielieplant op die langste dae die fotosintese proses optimaal gebruik omte bestuif en veral graan te vul.
Wat egter uit die oog verloor word, is dat hierdie lang dae dikwels ook met die warmste dag- en nagtemperature gepaardgaan.
Boere is dikwels onder die indruk dat warmer nagte gunstig vir ’n mielieplant se groei en ontwikkeling is, maar die teendeel geld. Op warm nagte gebruik die plante in werklikheid meer energie vir selrespirasie, wat laer opbrengste meebring.
Pieter sê dat ’n plant net in lig kan fotosinteer. In dié proses neem hy koolsuurgas op en skei suurstof af om koolhidrate te vorm.
Respirasie, daarteenoor, vind in lig en donker, en dus in die dag en nag, plaas.
In die nag, wanneer net selrespirasie sonder fotosintese geskied, vind die omgekeerPieter de proses plaas. Suurstof word gebruik en koolsuurgas word afgeskei. Daarvoor word die koolhidrate gebruik wat in die dag opgebou is.
Op warm nagte vind hierdie proses, soos die meeste chemiese prosesse, vinniger plaas en meer van die reserwe-energie (koolhidrate) word dus gebruik net om die plant fisiologies aan die gang te hou.
Op korter en koeler nagte kan meer plant-energie egter vir die vorming van droëmateriaal opgeberg word.
Pieter sê ’n ondersoek in Illinois, Amerika, het al in 1969 gewys dat die opbrengs potensiaal van mielies wat snags kunsmatig verhit is, met 40% verlaag het teenoor mielies wat in natuurlike nagtemperature of verkoelde lug graan gelewer het.
Hy voeg by dat plante se blare op wolklose nagte baie meer en beter kan transpireer, omdat die humiditeit laer is as op bewolkte nagte. Dit verseker vinniger afkoeling van die blare, en dus ’n laer respirasietempo. Dou is ook geneig om op wolklose nagte baie vroeër te vorm, wat die afkoeling sproses aanhelp.
Op bewolkte nagte is die temperatuur van blare hoër omdat die wolkbedekking uitstraling beperk, en die nagte dus warmer is. Op sulke nagte is dou geneig om eers later te vorm.
“Baie hoë humiditeit het presies dieselfde uitwerking as bewolkte nagte. As jy dus voel dat jy nie snags kan slaap sonder die hulp van ’n lugverkoeler nie, dui dit op die swakste toestande vir goeie mielie-opbrengste.”
sê Suid-Afrikaanse besproeiingsboere oorweeg dikwels net die invloed van hitte-eenhede op die groei en ontwikkeling van mielies.
“Nagtemperatuur, humiditeit en toestande wat uitstraling beïnvloed, word dikwels nie eens in berekening gebring nie.
“Dagtemperature in die omgewing van Marble Hall en langs die Oranjerivier is baie soortgelyk, maar opbrengs verskille kan maklik tot 4 ton/ha wees. Die groot verskil is die koeler, onbewolke en droër nagte wat meer gereeld langs die Oranjerivier voorkom as by Marble Hall en waarskynlik ook in die noorde van KwaZulu-Natal.”
Hy sê dis ook ’n misvatting dat die hoogste opbrengste in Amerika se sogenoemde mieliestrook voorkom. Die waarheid is dat die droër westelike dele gewoonlik beter opbrengste lewer. Dit is om dieselfde rede.
In Suid-Afrika raak opbrengste hoër hoe laer daar teen die Oranjerivier af beweeg word, tot op ’n punt waar die dagtemperatuur so hoog raak dat dit opbrengs in die wiele begin ry.
Uiteindelik behoort besproeiing smielies wat in tipiese woesty ntoestande, met hoë dagtemperature en lae nagtemperature, optimale opbrengste te lewer, sê Pieter.
“Optimale mielieproduksie gebeur wanneer warm dae met koeler, onbewolkte nagte afgewissel word.” –