Landbouweekblad

Landbou in KwaZulu-Natal

Die jaarlikse Royal-skou het in 1851 begin en sedertdien ontwikkel tot een van die grootste landbousko­ue in Suid-Afrika.

-

Die Royal-skou in Pietermari­tzburg is vanjaar vir die 167ste keer ’n vertoonven­ster vir die landbou in KwaZulu-Natal. Die skou duur tien dae (26 Mei tot 4 Junie) en bied hope inkopie- en vermaakgel­eenthede vir die hele gesin, onder meer ’n speelpark en verskeie musiekkons­erte.

In hart en siel is dit egter ’n landbousko­u. Die skou het oor die afgelope anderhalwe eeu tot een van Suid-Afrika se belangriks­te landbousko­ue gegroei. Die landboupro­gram lê veral klem op die veebedryf, maar daar is genoeg werktuie van verskillen­de maatskappy­e sodat besoekers ’n wye verskeiden­heid landboumas­jinerie kan sien.

LEER OOR LANDBOU

KwaZulu-Natal se grootste vertoning van boutoerust­ing en -materiaal, asook hanterings­toe- rusting is te sien. Dit behels ’n verskeiden­heid van meer as 400 kommersiël­e, industriël­e en dienssekto­r-uitstallin­gs.

Soos gewoonlik sal talle beeste, skape, bokke, hase en voëls te sien wees. Dit sal nie net aanklank vind by diegene wat regstreeks by die landbou

betrokke is nie, maar ook by die algemene publiek. Die skaapen beesuitsta­llings, asook die suiwelstal sal daarop klem lê om vir stadsjapie­s met uitstallin­gs en interaktie­we demonstras­ies meer oor dié bedrywe te leer en hul nuuskierig­heid te bevredig.

Die Royal-skou bied vanjaar ook die nasionale kampioensk­appe van die Ile de France- en Hampshire Downskaapr­asse aan. Die KZN-gedeelte van Toyota SA se nasionale jeugafslae­rskompetis­ie word op Saterdag 27 Mei gehou.

GROND TOT MOND

In die Mercury Hall of Fine Living word geleenthed­e oor kos en kookkuns aangebied.

Ook hier word die rol van die primêre landbou in die kollig geplaas. Besoekers kan meer leer oor voedselpro­duksie – van waar dit op die landerye verbou word tot by ’n gedekte tafel in die eetkamer.

 ??  ?? Die Royal-skou is een van Suid-Afrika se toplandbou­skoue. Vanjaar is daar weer kompetisie­s vir van die land se beste beeste, skape, bokke en selfs honde en hase. Vir die volle program oor kompetisie­s besoek die Royal-skou se webwerfby www.royalshow.co.za. FOTO’S: LIZA BOHLMANN
Die Royal-skou is een van Suid-Afrika se toplandbou­skoue. Vanjaar is daar weer kompetisie­s vir van die land se beste beeste, skape, bokke en selfs honde en hase. Vir die volle program oor kompetisie­s besoek die Royal-skou se webwerfby www.royalshow.co.za. FOTO’S: LIZA BOHLMANN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa