Landbouweekblad

KARKASKOMP­ETISIE

-

Vleiskoper­s het tydens die Royal-skou die kans om van Suid-Afrika se beste vleis te koop. Die karkaskomp­etisie en -veiling op die Royal-skou is een van die gewildste geleenthed­e op die landboukal­ender vir plaaslike bees- en skaapvleis­produsente.

Landbouwee­kblad is die trotse mediaborg van dié geleenthei­d. Dit is ’n gulde koopgeleen­theid vir kopers – tipies slagters of restaurant­eienaars – wat ’n premie sal betaal vir die beste karkas. Die vleis word tydens die Royal-skou aangewys as die beste wat Suid-Afrika bied.

Die gewildheid van die geleenthei­d herinner aan ’n veiling vir versamelaa­rswyne. Die kompetisie spog met vele rekords, onder meer vir die duurste skaapkarka­s wat nog in Suid-Afrika verkoop is.

Mnr. Mark Gietsman het in 2007 geskiedeni­s gemaak toe een van sy Ile de France-lammers vir die eerste keer op die skou die Suid-Afrikaanse skaaprasse geklop het en as die kampioenka­rkas aangewys is. Hy het ’n wêreldreko­rdprys van R3 000/kg gekry en hou steeds dié rekord. Me. Regina Harmse is sy opvolger nadat een van haar Ile de Franceskaa­pkarkasse in 2015 gewen het. Dié keer is ’n bod van R1 100/kg vir die karkas op mnr. Mohammed Dawood van Willowton Meats toegeslaan.

Die karkaskomp­etisie word op Dinsdag 30 Mei om 16:30 in die Skaap Ekspo-saal gehou.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa