Landbouweekblad

Tuna-monsterbur­gers

-

’n Mens eet met jou oë – en dit is veral waar vir kinders. Kos wat hul belangstel­ling prikkel en vir hulle mooi lyk, sal altyd voorkeur kry. Jy hoef nie ure te spandeer om huiskos “kindervrie­ndelik” voor te sit nie. ’n Eenvoudige garnering, soos hierdie monster-ogies van gevulde olywe op peuselstok­kies, kan binne minute gemaak word.

Tunakoekie­s

2 x 170 g-blikkies tuna, goed gedreineer

1 ui, fyngeraspe­r

2 gaar aartappels, goed fyngedruk

125 ml vars bruinbrood­krummels

125 ml fyngeraspe­rde mozzarella­kaas

1 eier, geklits Sout, vars gemaalde swartpeper en suurlemoen­sap na smaak Olie, vir braai

6 hamburgerr­olletjies Botter of mayonnaise, vir smeer Blaarslaai

2 tamaties, in dun skyfies gesny

12 olywe met pimento gevul 12 peuselstok­kies

Meng die tuna, ui, aartappel, broodkrumm­els, kaas en eier goed saam. Geur met sout, peper en suurlemoen­sap. Sit die mengsel vir 15 minute in die yskas en vorm ses viskoekies. Verkoel tot benodig.

Smeer die broodrolle­tjies met botter of mayonnaise en sit ’n stukkie blaarslaai op elkeen. Braai nou die viskoekies in ’n klein bietjie olie tot goudbruin aan albei kante en deurgaar. Dreineer op kombuispap­ier en sit die viskoekies op die blaarslaai. Sit twee skyfies tamatie op elke viskoekie en sit die ander helfte van die broodrolle­tjie boop. Druk ’n peuselstok­kie in elke olyf en druk twee van die “monsterogi­es” in elke burger. Sit die burgers voor met patatskyfi­es. Lewer 6 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa