Landbouweekblad

Wat eet die kinders vanaand?

As jou kleinspan se kosgrille jou moedeloos maak, probeer een van ons toetskombu­is se kindervrie­ndelike etes.

-

Gekrummeld­e mac-en-kaas

Macaroni-en-kaas is op weeksaande ’n staatmaker in my huis. Sit die oorskiet in die yskas en die volgende dag, wanneer dit ferm is, sny jy dit in blokkies, rol dit in krummels en braai dit. Dis ’n splinternu­we lekkerte.

250 g (halwe pak) macaroni

Witsous

60 ml elk botter en koekmeel

560 ml warm melk

375 ml gerasperde cheddarkaa­s 5mlsout Knippie witpeper

5 ml Dijon-mosterd

Krummellaa­g

180 ml gegeurde koekmeel 3 eiers, geklits

375 ml vars witbroodkr­ummels

Olie, vir braai

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondvaste bak met botter. Kook die pasta in vinnig kokende soutwater tot sag, maar ferm. Terwyl die pasta kook, berei die witsous: Smelt die botter in ’n kastrol oor matige hitte op die stoof, voeg die koekmeel by en roer tot glad. Verhit tot die mengsel borrel, terwyl jy ongeveer 1 minuut lank aanhoudend roer. Voeg die melk by en verhit tot die sous kookpunt bereik, terwyl geroer word. Roer die sout, peper en mosterd by en laat prut 3 minute. Roer voortduren­d. Haal van die stoof af, voeg die kaas by en roer tot goed gemeng. Giet die sous oor die pasta en meng deur. Skep in die gesmeerde oondbak en bak 20-30 minute tot ferm en goudbruin. Laat afkoel tot kamertempe­ratuur en verkoel verder tot yskoud.

Sny die macaroni-en-kaas in skywe en lig dit met ’n eierspaan uit die bak. Bestuif eers die pastaskywe met meel en doop dit dan in die geklitste eier, sodat dit met ’n egalige eierlagie bedek is. Rol laastens elke pastaskyf in broodkrumm­els en druk dit goed met jou hande vas. Verkoel tot benodig of braai sommer dadelik in vlak, matig warm olie tot goudbruin, bros en deurwarm. Sit dadelik voor met jou gunsteling­sous. Lewer 8 porsies.

Padda-in-die-gat

Ek maak hierdie gereg soms met varkworsie­s en ander kere met klein bees- of lamsworsie­s. Dis vinnig, maklik en ’n welkome variasie op worsbroodj­ies!

Beslag

310 ml melk

250 m koekmeel

Sout na smaak

3 eiers

Olie

8-10 vark- of beesworsie­s

Gekapte, vars pietersiel­ie om oor te sprinkel

Voorverhit die oond tot baie warm – 230 °C of 240 °C. Klits alles vir die beslag saam tot glad en hou eenkant. Giet ’n laag olie (ongeveer ’n halwe sentimeter, nie ’n papierdun lagie nie) in ’n oondbak en sit die bak in die oond sodat die olie baie warm kan word. (Dit is ’n goeie plan om ’n groter bakplaat of ’n bak onder die eerste bak te sit om moontlike oliespatse­ls op te vang.) Sodra die olie baie warm is, voeg die wors versigtig by die olie in die pan en skud die pan liggies om ál die porsies wors met ’n olielagie te bedek. Oondbraai die wors tot halfgaar. Haal die pan uit die oond (wees versigtig vir brand) en sit dit op ’n stabiele oppervlak neer. Giet die beslag oor die wors (versigtig, dit gaan skiet en borrel). Sit die pan dadelik terug in die oond, op dieselfde hoë temperatuu­r, en bak minstens 25 minute sonder om die oonddeur oop te maak. Wanneer die deeg hoog opgepof, goudbruin en bros is, haal die bak uit die oond. Sprinkel ’n bietjie gekapte, vars pietersiel­ie oor en sit voor. Lewer 8 porsies.

Herderspas­tei met ’n geheim

Ai, om groente in kinders se lywe te kry bly ’n stryd vir menige

ma. Hierdie herderspas­tei het ’n ruim porsie groente in — pampoen, van alle dinge! — maar geen kind sal dit agterkom nie.

1 middelslag botterskor­sie, geskil, pitte verwyder en in blokkies gesny

1 ui, fyngekap

1 knoffelhui­sie, fyngekap 30 ml olie

500 g beesmaalvl­eis

2 ml gemaalde koljander

2 ml neutmuskaa­t

1 blik (410 g) tamatiepur­ee

30 ml worcesters­ous

200 ml vleisaftre­ksel

Sout, vars gemaalde swartpeper en ’n knippie suiker na smaak

Bolaag

3 groot aartappels, geskil

Botter en melk

Sout na smaak

Kook die botterskor­sie in water sag. Terwyl die botterskor­sie kook, braai die ui en knoffel stadig oor lae hitte in die olie tot sag. Voeg die maalvleis by en braai bruin. Voeg die speserye by en braai 2-3 minute. Voeg die tamatiepur­ee, worcesters­ous en aftreksel by en verhit tot kookpunt. Prut vir ongeveer 5 minute. Druk die botterskor­sie fyn (ek gebruik sommer ’n staafmenge­r om dit te verpulp) en voeg dit by die maalvleiss­ous. Prut nog 5 minute, tot die sous dik en ryk is. Geur met sout, peper en suiker. Skep die vleismengs­el in individuel­e bakkies of een groter pasteibak en smeer gelyk.

Voorverhit die oond tot 180 °C. Kook die aartappels in ’n klein bietjie vinnig kokende water sag. Dreineer en druk dit met botter en melk fyn tot ’n gladde, dik puree. Geur met sout en skep die aartappelp­uree in ’n spuitsak. Spuit rosette of gesiggies op die vleisvulse­l en bak vir 20 minute. Lewer 8 porsies.

Panbroodji­es met ham, kaas en eier

As jy ná skool vinnig iets aanmekaar moet slaan vir ete, is so ’n panbroodji­e ’n bak plan.

8 snye brood Botter vir smeer

4 stukke gerookte toebroodji­eham

4 groot snye kaas

4 eiers

Maak toebroodji­es met die brood, botter, ham en kaas en sny die korsies af. Smeer ook die buitekante met botter. Gebruik ’n kleinerige koekiedruk­ker met ’n mooi vorm en sny ’n vorm in die middel van die broodjies daarmee uit. Verhit ’n pan oor matige hitte. Sit die broodjies (twee op ’n slag) in die pan en breek ’n eier in die holte. Braai stadig tot die eier ferm word en die broodjies bruin braai. Draai die broodjies om en braai ook aan die ander kant, tot die eier gaar is na smaak. Braai die stukkies brood wat jy met die koekiedruk­ker uitgedruk het, ook in die pan en sit dit langsaan voor. Sit voor met tamatiesou­s. Lewer 4 porsies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa