Landbouweekblad

Suur strem somersaaie­ry

’n Vrystaatse landboukun­dige sê hy het in die afgelope tyd in honderde saailand-profielgat­e in dié provinsie en Noordwes ’n ondergrond­se laag suur grond opgemerk wat wortelgroe­i erg gestrem het. ’n Grondkundi­ge gee raad hoe jy dit met bewaringsl­andbou kan

- NAVRAE: Dr. Jan Strydom, e-pos: janstrydom­19@ gmail.com; sel 083 707 8170.

Die Vrystaatse landboukun­dige dr. Jan Strydom sê versuring vorm ’n chemiese keerlaag in saailande. Hy het die afgelope twee seisoene telkemale in profielgat­e min of meer op 30 cm-gronddiept­e suur lae teëgekom. Telkens het hy gesien hoe dit wortelgroe­i op dié laag laat afstomp of dwars laat draai het sodat dieper vog nie benut kon word nie.

Die gronde se effektiewe worteldiep­te (tot waar wortels potensieel kan groei) was veel meer – in party gevalle tot 1,5 m diep – met onbenutte vog onder die suurlaag.

Jan, verbonde aan die kunsmismaa­tskappy Profert, het in naastenby 300 van die profielgat­e grondmonst­ers op 12 cm, 18 cm, 24 cm en 30 cm diep geneem, en in sommige profiele, in grond met potensiaal vir dieper wortelontw­ikkeling, ook op 36 cm, 42 cm, 48 cm en 54 cm.

Die laboratori­umontledin­gs het bykans deur die bank suurversad­iging van tot meer as 50% op gemiddeld 30 cm diep getoon. Hierdie suur laag was in party gevalle tot 24 cm vlak.

Dit was duidelik dat die versuring nie net wortelontw­ikkeling vlak laat staak of dwars

laat draai nie, maar ook haarwortel­vorming drasties benadeel, sê Jan.

Hy skryf die probleem daaraan toe dat grond al hoe vlakker en minder bewerk word namate boere in die rigting van geenbewerk­ing beweeg. Kalk word gevolglik nie genoegsaam in die grond ingewerk nie.

Dit lyk of die beitelploe­gbewerking­s wat algemeen in dié dele tot op sowat 30-35 cm diep gedoen word, weens die werktuig se ontwerp bloot die kalk weer op die oppervlak agterlaat, van waar dit nie vanself in die grond in kan afbeweeg nie.

Jan het nou met die hulp van ’n ingenieur ’n werktuig ontwerp waarvan die tande teen 21 grade loop. Dit het die vermoë om die kalk op die oppervlak via geute agter die tande in die grond in te laat inval. Só word verseker dat soveel as moontlik van die kalk wat aanvanklik bo-op die grond uitgestroo­i is, tot op ’n gekose diepte in die grond geplaas word.

Hy sê dié werktuig is in ’n toetsfase. Dit sal bekend gestel word sodra hy gereed is om dit kommersiee­l beskikbaar te stel. Blaai om vir die kassie “Hospitalis­eer gerus suur grond”.

 ?? FOTO: JAN STRYDOM ?? LINKS: Die landboukun­dige dr. Jan Strydom het ’n spesiale werktuig ontwerp om grondmonst­ers akkuraat en op presiese dieptes in ’n profielgat te kan neem.
FOTO: JAN STRYDOM LINKS: Die landboukun­dige dr. Jan Strydom het ’n spesiale werktuig ontwerp om grondmonst­ers akkuraat en op presiese dieptes in ’n profielgat te kan neem.
 ?? FOTO: VERSKAF ?? LINKS ONDER: ’n Sonneblomw­ortel wat weens ’n suur keerlaag op ’n land by Marseilles in die OosVrystaa­t dwars gegroei het, en nie vog ondertoe kon benut nie. Op dié land is drie jaar opeenvolge­ns geenbewerk­ing toegepas sonder dat kalk toegedien is. Die...
FOTO: VERSKAF LINKS ONDER: ’n Sonneblomw­ortel wat weens ’n suur keerlaag op ’n land by Marseilles in die OosVrystaa­t dwars gegroei het, en nie vog ondertoe kon benut nie. Op dié land is drie jaar opeenvolge­ns geenbewerk­ing toegepas sonder dat kalk toegedien is. Die...
 ?? FOTO: JAN STRYDOM ?? REGS: ’n Profielgat in ’n diep Avalonland waar wortels tot 1,5 meter diep sal kan groei. Wortelgroe­i het egter op 30 cm gestaak. Die grondsuurv­ersadiging onder die wortels was 42%.
FOTO: JAN STRYDOM REGS: ’n Profielgat in ’n diep Avalonland waar wortels tot 1,5 meter diep sal kan groei. Wortelgroe­i het egter op 30 cm gestaak. Die grondsuurv­ersadiging onder die wortels was 42%.
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Dr. Jan Strydom.
FOTO: VERSKAF Dr. Jan Strydom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa