Landbouweekblad

‘HOSPITALIS­EER GERUS SUUR GROND’

- NAVRAE: Mnr. Guy Thibaud, e-pos: guy.thibaud@ kzndard.gov.za; tel. 033 355 9447.

Geen bewerkings boere moenie emosioneel raak oor dié praktyk en volstrek weier om grond weer te bewerk as ’n ondergrond­se versuring s probleem ontstaan nie.

Só meen mnr. Guy Thibaud, geen bewerkings kenne ren spesialis navorser van die KwaZulu-Natalse departemen­t van landbou en omgewingsa­ke.

Hy verwys na die bekende geen bewerkings boer mnr. Ego n Zunckel van Bergville, wat noodgedwon­ge weer kalk ordentlik moes inwerk om ’n suur laag op te hef nadat hy jare lank geenbewerk­ing beoefen het.

“Egon sê altyd dis soos om jou grond in die hospitaal te sit as dit siek is. Daar is nie ’n ander keuse nie.”

Guy verduideli­k dat die neutralise­rende uitwerking wat kalk op grondsuurh­eid het, eerder die resultaat van ’n fisiologie­se proses genaamd alkali n i te i t oordra gis.

“Die kalk op die oppervlak neutralise­er salpetersu­ur op die grondopper­vlak. Die resultaat is kalsiumnit­raat, wat in die grond kan afbeweeg. Omdat mielieplan­te se wortels meer nitraat as kalsium opneem, stel die wortels alkalinite­it in die grond vry, wat die pH verhoog en grond suur versadigin­g verminder.

“Hierdie proses van alkali n i te i t oordrag kan net plaasvind as daar wortels in die grond is. Ongelukkig is baie suur grond nie bevorderli­k vir wortelontw­ikkeling by die meeste kommersiël­e gewasse nie.

“Dit is dus noodsaakli­k om genoeg kalk in sulke grond toe te dien. Dit is ook belangrik om suurverdra­agsame plante daarop te verbou voordat die grond vir gewasprodu­ksie onder geenbewerk­ing benut word.”

Guy en sy span het in ’n geenbewerk­ingsproef oor 11 jaar naby Howick in KwaZulu-Natal jaarliks stikstof op een land toegedien, maar geen kalk nie. Die grond suur versadigin­g in die boonste 5 cm het oor dié tyd van minder as 5% tot net onder 60% toegeneem. Dié versuring het uiteindeli­k tot so diep as 50-60 cm beweeg.

Op ander proefperse­le het hulle jaarliks kalk op die oppervlak toegedien, sonder om dit in te werk, voordat stikstof toegedien is. Die kalktoedie­nings was in wisselende hoeveelhed­e, van net 60 kg tot 1,5 ton per hektaar. Tot die kleinste toediening het grondversu­ring verminder.

Guy benadruk egter dat dit nie beteken kalk wat op die oppervlak toegedien word, kan vanself met die grondprofi­el af beweeg nie.

Die kalk het nie in die eerste vier somer produksie tye graan opbrengste betekenisv­ol verhoog nie. Eers daarná het opbrengste drasties verbeter.

In die somer van 2012-’13 is byvoorbeel­d op’ n droëland proef perseel met geen bewerkings mielies 13 ton per hektaar gestroop, met ’n kombinasie van 180 kg stikstof per hektaar en 1,5 ton kalk per hektaar wat op die grondopper­vlak uitgestroo­i was.

Op ’n land waar 180 kg stikstof per hektaar toegedien is, met geen kalk nie, was die opbrengste laer as op ’n land waar 120 kg kunsmis per hektaar toegedien is, maar ook kalk op die oppervlak.

Guy waarsku dat dit dus sinloos is om stikstof toediening­s vir hoër geen bewerkingo­pbrengste te verhoog as grondsuurh­eid nie behoorlik bestuur is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa