Karoobossies sorg vir premieprodukte
’n Ondersoek na die moontlikheid om ’n buurplaas se indringerpeule tot ’n organiese ‘superkos’ te verwerk, het die Esterhuizens van Britstown se skaapboerdery op die pad van organiese sertifisering gesit.
Eers was daar verlede jaar uiteindelik eksklusiewe naamregte vir Karoolam op die uitvoermark. Nou is daar ook internasionaal organies-gesertifiseerde Karoo-skaapvleis, danksy die Esterhuizen-familieboerdery van Elandsfontein by Britstown.
Dié Merino-plaas, waar die Esterhuizens al drie geslagte lank boer, het onlangs die eerste Suid-Afrikaanse skaapboerdery geword om volgens gerespekteerde internasionale standaarde deur die agentskap Ecocert as organies gesertifiseer te word.
Dit volg kort op die hakke van Karoolam se verkryging van eksklusiewe naamregte kragtens die Europese Unies e bemarking swetgewing verlede Oktober. Dr. Sarah Erasmus aan die Universiteit van Stellenbosch het wetenskaplik bewys dat Karoolam ’n unieke smaak en samestelling het danksy die geurige Karoobossies wat skape daar vreet. Karoolam geniet nou dieselfde uitverkore amptelike status as rooibos, Parmaham en Franse sjampanje op die wêreldmark.
Die Esterhuizens bemark hul skaapvleis met die Smartt Karoo Organic-handelsmerk deur die bekende Boer and Butcher-slaghuis in Durbanville, Kaapstad. Dié slaghuis spesialiseer in produkte van vrylopende diere wat sonder antibiotika of enige stimulante grootgemaak is. Mnr. Willie Esterhuizen en sy vrou, Sonja, boer die afgelope drie jaar saam met sy ouers, Jacques en Esme Esterhuizen, op Elandsfontein. Hy verduidelik dat daar in Suid-Afrika vir vleis nog net ’n stel konsep regulasies is waaraan ’n produk moet voldoen as dit as organies te koop aangebied word. Die vleisbedryf s maatskappy Samic is gekontrakteer om sulke aansprake te oudit.
Gevolglik verskyn die woord “organies” op talle plaaslike landbouprodukte wat nie vleis
is nie. Dit verskyn sonder die nodige papierwerk om te bewys dat oudits gedoen word om te verseker dat dit vanaf die plaas tot op die bord volgens internasionale standaarde organies geproduseer en verwerk word.
Die internasionale standaarde is veel strenger en omvattender, soos dié van die Europese Unie en die Amerikaanse regering.
Daarom het die Esterhuizens op die internasionale sertifisering s agentskap Ecocert besluit, wat sertifiseer dat ’n produsent aan die Europese Unie se amptelike organiese standaarde voldoen. Hulle kan nou hul produkte as organies gesertifiseer na Australië, Taiwan, die Arabiese Emirate, Madagaskar, Asië, Turkye en Serwië uitvoer.
INDRINGERPEULE PLANT SKAAPSAADJIE
Aanvanklik het die Esterhuizens by Ecocert beland omdat hulle die plan gehad het om die peule van indringer-prosopisbome op hul buurplaas te maal en as organiese mesquite-poeier te bemark. Dié poeier is proteïen- en voedingryk en kan onder meer pleks van meel gebruik word. Dit is deesdae baie gewild onder gesondheidsbewus t es oor die wêreld heen, ook in Suid-Afrika, en word as ’n “superkos” beskou.
Dr. Marianna Smith, koördineerder van Ecocert se Suider-Afrikaanse tak, het toe by die Esterhuizens ’n ander saadjie geplant: Hoekom nie organiese skaapvleis lewer nie?
Daar is wel baie vleisprodukte van vrylopende diere op Suid-Afrikaanse winkelrakke, maar vóór Elandsfontein s’n was daar geen organies-gesertifiseerde produkte nie. Die groot uitdaging is nou om Suid-Afrikaanse verbruikers oor die verskil tussen organies gesertifiseer, organiese n vry lopend intel i g.
Marianna verduidelik dat daar ’n verskil tussen “organies” en “as organies gesertifiseer” op ’n etiket is.