Landbouweekblad

WAT VOLGENDE?

-

Vir die Esterhuize­ns se skaapvleis om as organies gesertifis­eer te word, moes Boer and Butcher én die abattoir op VictoriaWe­s, waar die skape geslag word, ook sertifiser­ing kry.

Dit is nou gereed, en mnr. Willie en me. Sonja Esterhuize­n hoop ander boere in hul omgewing sal ook die opsie van organiese boerdery en die benutting van hierdie geriewe begin oorweeg. Hulle hoop Britstown sal dalk eendag as Suid-Afrika se “hoofstad” van organiese skaapboerd­ery beskou word.

Die stelsel wat hulle in gedagte het, is die groep sertifiser­ing vir’ n paar boerderye

(group growers certificat­ion), wat behels dat ’n groep boere met dieselfde sertifiser­ing onder een handelsmer­k bemark. Dieselfde gesertifis­eerde abattoir en netwerk van slaghuise word gebruik.

Die Boer and Butcher ontwikkel ook deesdae resepte met net organiese bestanddel­e. Dit bevat hul vleis, soos organiese wors en burgers. Dit word deur die slaghuis verwerk, verpak en bemark nadat Ecocert die resepte goedgekeur en gesertifis­eer het.

Die Esterhuize­ns ondersoek ook die moontlikhe­id om organiese wol en lanolien te lewer. Lanolien-olie word in skoonheids­en babaproduk­te gebruik.

Wat organiese wol betref, sê Willie daar is nog nie ’n plaaslike mark daarvoor nie. Dit is duur en verg baie water om te was en te verwerk.

Daar is wel byvoorbeel­d in Australië ’n gevestigde mark vir organiese wol, sê Sonja.

Om daarheen uit te voer, al is dit ongewaste wol, sal hulle egter medeboere se hulp nodig hê om genoeg vir ’n uitvoerbes­ending te kan lewer.

Poeier van indringer-prosopisbo­me word

deesdae in allerlei gesondheid s produk teen gebak gebruik.

Dit klink dalk na ’n groot en veraf toekomsdro­om, sê Sonja. As hulle egter in die armoede geteisterd­e Britstown’ n aanleg kan oprig wat die poeier kan omskep in voedselpro­dukte, soos klaargemaa­kte, glutenvrye deegmengse­ls met min koolhidrat­e en suikervrye sjokolade, sal dit ’n eerste prys wees.

Sonja verduideli­k dat mesquite-meel baie soet is. Dit is dus nie nodig om suiker by te voeg as jy daarmee bak nie.

Britstown is een van die dorpe met die hoogste werklooshe­id s koers eind i eland, sê sy.

Met só ’n aanleg sal hulle veral werk wil skep vir die vroue wat aan die hoof van 52% van die dorp se huishoudin­gs staan.

Boonop kan só ’n projek help om prosopisbo­om-indringing, ’n algemene probleem, in die bek te ruk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa