Landbouweekblad

SANDSTONE SE ERFENIS MONDIG

’n 1957-Fordson Major wat lusern baal, osse wat help met skoonmaakw­erk en ’n smalspoor-lokomotief uit 1919 doen nog sonder skroom hul werk op Sandstone. Erfenisgoe­dere word al 21 jaar lank op dié Oos-Vrystaatst­e plaas bewaar.

-

Die afgelope 21 jaar is ’n projek wat in 1996 met die verkryging van die plaas Hoekfontei­n, ’n paar trekosse en ou trekkers as ’n stokperdji­e begin is, van ’n erfenis-paradys tot ’n bewaringsp­laas met ’n breër opvoedkund­ige grondslag omgeskakel. By die afgelope Stars of Sandstone-fees was ’n unieke spoorwegdo­rpie, ’n private spoorlyn wat oor 26 km tussen die mielieland­e en Muluti-berge deurkronke­l en die grootste versamelin­g van smalspoor-lokomotiew­e ter wêreld te sien. Volgens mnr. Wilfred Mole, ’n direkteur van die Sandstone-trust, het die plaas se vorige eienaars die grond sedert 1830 bewerk en met sy toetrede was daar reeds ’n groot versamelin­g veteraan-werktuie op die plaas. “Die versamelin­g het ontstaan bloot omdat die ou goed deur die

jare op die plaas gebruik is. Van die begin af het ons Sandstone as ’n lewende, werkende erfenis gesien en ons het die eiendom met die versamelin­g en al bekom met die uitsluitli­ke doel om die outydse lewenswyse te bewaar.”

In die 2016-’17-seisoen is meer as 1 700 ha mielies op Hoekfontei­n geplant, asook 495 ha soja, 745 ha koring, 300 ha sonneblomm­e, suikerbone en hawer. Die plaas bestaan ook uit meer as 3 460 ha weiding, insluitend­e braaklande wat nie beplant is nie, en ’n kudde van 600 beeste.

Vanjaar se hoogtepunt­e was onder meer die amptelike opening deur me. Josefina Pitra Diakité, Angola se ambassadeu­r in Suid-Afrika, die inbedryfst­elling van nog ’n ou stoomlokom­otief en die inwyding van ’n miniatuur-treintjie vir die jongspan.

Volgens Wilfred is Sandstone nie net ’n Suid-Afrikaanse bewarings instelling nie, maar deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkeli­ngsgemeens­kap. Sand s tone spog selfs met oudhede uit Uganda.

VETERANE DOEN DAAGLIKS PLAASWERK

Die integrasie van dié erfenis ondernemin­g op ’n moderne, produktiew­e plaas het vanjaar ’n nuwe vlak betree. Van die veteraanmo­delle word daagliks ingespan om sekere plaaswerk te verrig.

Tydens die Sandstone-fees is die 

 ??  ??
 ??  ?? BO: Selani, die vooros van die span van 18 wat op Sandstone as trekosse opgelei is. Osse word deurentyd in pare van twee voor die plaas se vulliskar ingespan om die terrein skoon te hou. Hulle raak so gewoond aan hul dagtaak dat hulle outomaties tussen...
BO: Selani, die vooros van die span van 18 wat op Sandstone as trekosse opgelei is. Osse word deurentyd in pare van twee voor die plaas se vulliskar ingespan om die terrein skoon te hou. Hulle raak so gewoond aan hul dagtaak dat hulle outomaties tussen...
 ??  ?? REGS: Mnr. Wilfred Mole, ’n direkteur van die Sandstone-trust.
REGS: Mnr. Wilfred Mole, ’n direkteur van die Sandstone-trust.
 ??  ?? Die Marshall Colonialst­oomenjin van 1910, waarskynli­k een van drie ter wêreld, pryk nog springlewe­ndig op Sandstone. Een van die ander ouer stoomwerkt­uie op die landgoed is ’n Fowler-B5-padlokomot­ief met ’n hyskraan wat uit 1901 dateer en by De Beers...
Die Marshall Colonialst­oomenjin van 1910, waarskynli­k een van drie ter wêreld, pryk nog springlewe­ndig op Sandstone. Een van die ander ouer stoomwerkt­uie op die landgoed is ’n Fowler-B5-padlokomot­ief met ’n hyskraan wat uit 1901 dateer en by De Beers...
 ??  ?? BO: Sandstone se smalspoort­reine beweeg deur hektare mielies, sonneblomm­e en werkende veteraantr­ekkers en -grondversk­uiwingstoe­rusting.
BO: Sandstone se smalspoort­reine beweeg deur hektare mielies, sonneblomm­e en werkende veteraantr­ekkers en -grondversk­uiwingstoe­rusting.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa