Landbouweekblad

DEUR DIE BESOEKERS SE OË

-

Mnre. Walter Diembeck van Hamburg en Günter Krause van Werl is stoere Duitse geesdrifti­ges wat saam met ’n groep Britte en Swede Sandstone besoek het.

Günter, die voorsitter van die Duitse vereniging vir spoorweg geskiedeni­s, beskryf die groep se verknogthe­id aan erfgoed en treine as “malligheid”, maar sal vir geen geld ter wêreld die moeite ontsien om die versamelin­g te beleef nie. Hy het veral uitgesien om ’n klein stoomlokom­otief uit die Eerste Wêreldoorl­og, waaroor hy al ’n boek geskryf het, te besigtig.

Walter het Suider-Afrika se spoornetwe­rk in die stoomtyd tydens ’n besoek sowat 45 jaar gelede al beleef. Nou, ná sy aftrede, besoek hy ens y medelede van die vereniging geskiedkun­dige trein gebeurteni­sse.

Mnr. Paul Gordon is’n boorling van Kaapstad wat al die pad Vrystaat toe gereis het.

Volgens hom ly hy van kindsbeen af aan “geelmetaal”-koors, wat verwys na sy voorliefde vir grondversk­uiwings toerusting, trekkers en dieselenji­ns. Hy stel ook baie in Sandstone se stoomvoert­uie belang.

Op sy volgende besoek gaan hy sy bejaarde Walliese pa saambring.

Mnr. Apie Richter van Piketberg is ’n ondersteun­er met diesel in sy are. Hy en sy tweelingbr­oer, Hennie, van Yzerfontei­n, was saam met lede van die Wes-Kaapse tak van die Suid-Afrikaanse Federasie van Veteraantr­ekker-en-enjinklubs (Savtek) betrokke by die trekker-afdeling van die fees.

“Hier is vir elke belangstel­ling en smaak iets van spesiale betekenis: Stoom, enjins wat met saamgepers­te lug aangeskake­l word, en gereedskap en toerusting wat ek as sewentigja­rige laas in my weermagdae mee te doen gekry het.” As hy een voertuig met sy terugkeer kon saamneem, sou dit ’n Series I Land Rover wees wat aan die polisie behoort het. “Sy toestand lyk asof dit nog net ’n paar generaals rongekarwe­i het.”

Me. Josefina Pitra Diakité, Angola se ambassadeu­r in Suid-Afrika, het Stars of Sandstone amptelik geopen. Sy was beïndruk met die lokomotiew­e wat uit haar land se suikerplan­tasies kom en vir Sandstone gerestoure­er is. “Die bewaring van dié treine is ’n voorbeeld van samewerkin­g waarop ons buurlande trots kan wees.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa