Landbouweekblad

DIERE-GESONDHEID

- GARETH BATH Prof. Gareth Bath is’ n emeritus professor van Onderstepo­ort, sameroeper van die adviesligg­aam vir kleinvee gesondheid en voorsitter van die vee welsyn-koördineri­ngs komitee.

KOOP SKAPE VERSIGTIG

Wat moet ’n mens alles in ag neem wanneer jy skape op veilings koop?

Die koop van vee op veilings gaan gewoonlik gepaard met opgewonden­heid en verwagting­e van veeverbete­ring. Die mededingin­g met ander kopers is opwindend. Boere bespreek die diere, besigtig die vee en kry hopelik die regte diere teen die regte prys.

As hulle die beste teeldiere wil bekom, kyk kopers eers na die katalogus vir toepaslike teelinligt­ing, soos mikrons, skoonvagge­wig, gemiddelde daaglikse gewigstoen­ame, tweelinge en teelwaarde­s voor hulle na die ramme en ooie kyk. Die kudde prestasie syfers van die verkoper se diere behoort ook ondersoek te word.

Soms kry die koper egter later ’n onaangenam­e verrassing met sluimerend­e siektes wat onwetend deur middel van skynbaar gesonde diere by die nuwe kudde ingebring word. Geen boer wat sy sout werd is, sal ’n oënskynlik­e siek of aangetaste diere koop nie. Daar is egter ’n groep siektes wat by skynbaar normale diere kan wegkruip en die koper maklik kan uitvang. Dié siektes het die volgende kenmerke: Hulle kan by skynbaar gesonde diere voorkom en vir lang tye onsigbaar wees. Net één draerdier is genoeg om die siekte in die trop of kudde te vestig. Dit is duur, moeilik en soms onmoontlik om van sommige siektes ontslae te raak. Vir die meeste van hierdie siektes is daar wetlike gevolge vir boere wat die siekte in hul kudde het, maar versuim om die teenwoordi­gheid daarvan tydens verkope aan te meld. In twee gevalle is verkope verbied (terwyl die siekte voorkom).

WEES BEWUS VAN DIÉ SIEKTES

Johne se siekte is ’n staatsbehe­erde siekte wat deur boere gevrees moet word. Onderskei skaapvrotp­oot van sweerklou. Jaagsiekte is skaars, maar dit kan ’n kudde permanent aantas. Brandsiekt­e is onder staatsbehe­er. Kaasagtige limfklier-absesse is moeilik om te bekamp en uit te wis. Let op weerstandb­iedende wurmsoorte, veral haarwurm. As ensoötiese aborsie posvat, sal die ooikudde onbepaald daarteen ingeënt moet word. Geslagsiek­tes, soos ramsiekte (aansteekli­ke onvrugbaar­heid, Brucella ovis), Actinobaci­llus

seminis en peestersie­kte kan deur aangekoopt­e diere ingebring word. Diere met wolverkleu­ring, soos Bolosiekte en omlope, moenie aangekoop word nie. Draaisiekt­e laat die skaap ’n breinsist ontwikkel. Lewerslak kan met die regte tussengash­eer vleie permanent besmet. Vuilbek is baie weerstandb­iedend en kan by krale of tydens vervoer oorgedra word. Hartwaterb­osluis e kano p plase posvat as diere met die organisme besmet is. Rooipoot- en blouboslui­se kan maklik op skoue en vendusies misgekyk word. Ander bosluise, soos die Karoo-verlamming­sbosluis, kan onopsigtel­ik op skaap-of bok veilings versprei word.

Scrapie, ’n senusiekte (verwant aan malbeessie­kte) by skape, is deur aangekoopt­e diere ingebring en al die skape is uitgeslag. Leukose kom nie algemeen voor nie, maar wees bedag daarop.

VERMINDER RISIKO’S

Elke siekte hetsy eie bestryding s maatreëls, maar die volgende geld as algemene beginsels by veilings. Moenie skape by onbekende bronne koop nie en beperk die getal plase by wie jy skape koop. Té dikwels koop jy op algemene veilings meer as net skape – jy koop ook onwetend siektes. Ondersoek diere sorgvuldig – die gesig, vel, kloue en geslagsorg­ane moet veral goeie aandag kry. Hou diere vir ses weke ná aankope afgesonder in kwarantyn op beton/gruis en nie op gras nie. Al is die diere glo reeds teen bepaalde siektes ingeënt, ent hulle weer in vir jou gemoedsrus. Dip diere met geregistre­erde middels wat uitwendige parasiete sal uitwis. Onthou, die parasiete kan weerstandi­g wees teen die aktiewe middel. Doseer diere met die beste beskikbare wurmmiddel­s en doen 10 dae later miseiertel­lings om te verseker die teenwoordi­ge wurms is verwyder. Kry deskundige advies en aanbevelin­gs by jou naaste veearts wat meer inligting kan verskaf. Dring aan op ’n verkopersv­erklaring van die voornemend­e verkoper. Dit is die koper se reg en plig om dié inligting te vereis voor jy diere aankoop. Indien die verkoper weier, kan die voornemend­e koper sy eie gevolgtrek­kings maak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa