Landbouweekblad

Vestig só ’n handelsmer­k

- NICO VAN BURICK

’N Kombinasie van navorsing en intuïsie is nodig om ’n suksesvoll­e handelsmer­k te vestig. ’n Mens kan nie op net een van die twee staatmaak nie.

Mnr. Chris Moerdyk, bemarkings­ontleder, het tydens ’n Nasie in Gesprek-debat oor handelsmer­ke op die Nampo-Oesdag gesê daar sal altyd ’n mate van risiko wees. “In Suid-Afrika word R50 miljard per jaar gemors op handelsmer­ke, advertensi­es en bemarking wat misluk. Baie keer is dit weens gebrekkige navorsing en onkunde oor die mark.”

Hy sê in wese is die vereistes vir handelsmer­ke binne die landbou en in enige ander bedryf dieselfde. Die verbruiker moet altyd vooropgest­el word.

Mnr. Phillip Retief, uitvoerend­e hoof van Van Loveren-wynkelders, het gesê as hulle net op navorsing moes staatmaak, sou hul bekende handelsmer­k, Four Cousins, nooit bestaan het nie. Navorsing het daarop gedui dat dit nie sou byval vind by verbruiker­s nie. Dit was anders as dit waaraan verbruiker­s gewoond was en vier wit gesigte op die etiket sou ook nie werk nie.

KYK NA VERBRUIKER­S

“Die wynbedryf was tradisione­el redelik snobisties van aard. Jy moes verskillen­de wyne met verskillen­de geregte geniet. Met bier kon jy drink wat jy wou, solank dit koud en lekker was.

“Ons het egter intuïtief gevoel daar is verbruiker­s wat ’n ietwat soeter wyn verkies waarmee hulle gemaklik kon voel en wat hulle geniet.”

Retief sê op die ou end het die maklike naam, die gesigte waarmee mense kon assosieer en die 1,5 liter-formaat bygedra tot die sukses, al is daar in die eerste ses jaar geen geld aan bemarking

bestee nie.

Mnr. Tobias Fourie, besturende direkteur van Limpopo Dairy, sê vertroue en waarde bepaal ’n handelsmer­k se sukses.

“Ons het moeite gedoen om met verbruiker­s te praat en uit te vind hoekom hulle ons produk verkies. Ons probeer vir hulle ’n produk gee wat hulle kan vertrou.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa