Landbouweekblad

VERSKANS ÉLKE SEISOEN

- MARLEEN SMITH

DAAR was wél boere wat dit reggekry het om hulle met termynkont­rakte teen die afgelope seisoen se reusedalin­g in mielieprys­e te verskans, sê mnr. Chris Sturgess, hoof van die JSE se kommoditei­tsmark vir afgeleide instrument­e.

“Van Januarie tot Februarie was daar byvoorbeel­d kans om teen ’n prys van R1 000/ton hoër as wat dit vandag is, te verskans,” het Sturgess op die Nampo-Oesdag aan Landbouwee­kblad gesê.

Dít volg op kritiek dat ’n paar groot spelers Safex manipuleer. Bewerings word ook gemaak dat dit die afgelope seisoen, met sy laat reën, byna onmoontlik vir individuel­e boere was om hulle met termynkont­rakte teen die prysdaling te beskerm.

Die witmieliep­rys het die afgelope jaar en ’n half van ’n rekord-hoogtepunt van meer as R5 200/ton teen einde 2015 tot die heersende vlak van ongeveer R1 700/ton geval.

Sturgess sê die belangriks­te is om nou vorentoe te kyk. Markspeler­s moet gierigheid en vrees opsy skuif en produsente moet elke seisoen bereid wees om minstens ’n deel van hul oes te verskans.

Verpligte en onmiddelli­ke openbaarma­king van in- en uitvoer is ’n belangrike kwessie, sê hy.

Graan SA vra al jare lank vir

wetlike regulasies wat bepaal dat in- en uitvoerkon­trakte onmiddelli­k bekend gemaak word, en nie eers as die invoer-mielies byvoorbeel­d in ’n plaaslike hawe land nie.

“Ons steun openbaarma­king van enige inligting wat die mark doeltreffe­nder kan laat funksionee­r,” sê Sturgess. Hy sê ook daar is bepaalde logistieke uitdagings. Dit is belangrik dat dié inligting onafhankli­k ingesamel word. Die proses moet duidelik en deursigtig wees, en dié wat inligting insamel, moet geen regstreeks­e belang in verhandeli­ng op die mark hê nie.

UITVOER

Intussen is alle oë op die uitvoermar­k wat in die afsienbare toekoms die koers van die mielieprys gaan bepaal.

Mnr. Wandile Sihlobo, ekonoom van die landboubed­ryfskamer Agbiz, sê daar is selfs sprake dat die nasionale oes so groot as 15 miljoen ton kan wees. Boere wat stroop, se opbrengste is na berig word ver bokant die nasionale gemiddelde van 4,5 ton/ha.

Die Nasionale Oesskattin­gskomitee het in sy jongste skatting ’n gemiddelde van 5,5 t/ha voorspel, wat die hoogste tot nog toe sal wees. Gelukkig neem uitvoer ook toe. Teen middel Mei het dit net onder 35 000 ton beloop.

“Ons mielie-uitvoer kan die grootste in twee dekades wees,” sê Sihlobo. Die vorige keer dat Suid-Afrika meer as die verwagte 2,7 miljoen ton mielies uitgevoer het, was in 1994-’95, toe 4,7 miljoen ton internasio­naal verkoop is. –

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa