Landbouweekblad

HOËR PRODUKSIE VIR AUSTRALIË VOORSPEL

-

AUSTRALIË se wolproduks­ie sal dié seisoen na verwagting tot 339 miljoen kg styg – ’n toename van 4,3% vergeleke met die vorige seisoen.

Volgens mnr. Russell Pattinson, voorsitter van die Australies­e produksiev­ooruitskat­tingskomit­ee, word die styging toegeskryf aan die uitstekend­e produksiet­oestande wat in feitlik ál die belangrike produksieg­ebiede

ondervind is en hoër vaggewigte tot gevolg gehad het.

Die verwagte styging in produksie vergelyk met die toename van 4,7% in die gemiddelde gewig van vagte wat die Australies­e Woltoetsge­sag in die eerste nege maande van die seisoen getoets het. Pattinson sê die hoër wolpryse van die afgelope maande het wolboere ook aangemoedi­g om ouer skape eers te skeer voordat hulle bemark is.

Daarbenewe­ns meen die komitee dat fynwol, veral ultrafynwo­l, wat op plase en by makelaars opgeberg is weens die lae fynwolprys­e die afgelope paar seisoene, ook vir verkoop beskikbaar gestel is in reaksie op die onlangse

skerp styging in die pryse van dié tipes wol.

Toetsresul­tate vir die seisoen tot einde Mei vanjaar toon ’n opmerklike styging in die volume wol van 20 mikron tot 24 mikron wat getoets is en ’n daling in die volume wol van 17 en 18 mikron.

Die toetsresul­tate toon ook ’n kwaai afname in die volume sterkwol (26-30 mikron). Die gemiddelde veseldeurs­nee van die Australies­e skeersel is 21 mikron, dieselfde as die vorige seisoen.

Aanduiding­s is dat Suid-Afrika se skeersel ook groter gaan wees. Wol wat tot einde April vanjaar ontvang is, is 3,7% hoër vergeleke met die ooreenstem­mende tydperk verlede seisoen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa