Landbouweekblad

Prystamele­tjie: Koringboer­e soek antwoorde

Die koringbedr­yf in die Wes-Kaap suig aan die agterste speen wat prysvormin­g betref. ’n Groep boere het besluit om self die probleme aan te pak en oplossings te soek vir ’n mark wat nie as regverdig bestempel kan word nie.

- Mnr. Hennie Visser is ’n koringboer van Piketberg in die Wes-Kaap.

Koringprod­uksie in Suid-Afrika is in ’n krisis en bereik breekpunt. Die media het al telkens daaroor geskryf en die onderwerp is ook op forums, indabas en kongresse bespreek. Suid-Afrika moet 50% van sy 3,2 miljoen ton-aanvraag invoer. Tans is die meeste van dié invoer vanaf Rusland, die Oekraïne en Duitsland.

Volgens Graan SA is die gelykspeel­punt vir plaaslike koringprod­usente tans 2,7 ton/ha gegewe die huidige koringprys op die JSE-termynmark.

Winsgewend­heid – met ander woorde volhoubaar­heid – is gelyk aan opbrengs per hektaar, teen die markprys per ton, minus die produksiek­oste per hektaar.

Koring is ’n lente- en wintergewa­s. Altesame 70% van die koringprod­uksie in Suid-Afrika geskied in droëlandto­estande. Anders as in die geval van mielies, sojabone en sonneblomm­e in die somerreëng­ebiede is Suid-Afrika se winterreën­val besonder laag in vergelykin­g met lande waarvandaa­n koring ingevoer word. Dit beteken noodwendig dat Suid-Afrikaanse produsente nie met die opbrengs per hektaar van invoerland­e kan meeding nie. Tog is Suid-Afrikaanse produsente van die doeltreffe­ndste ter wêreld as opbrengs per millimeter reën (of water) vergelyk word.

Daarteenoo­r is koringprod­uksie se insette hoog. Werktuie, brandstof, kunsmis en oesbeskerm­ingsmiddel­s word ingevoer en in dollar geprys. Die swak en wisselvall­ige rand veroorsaak dat plaaslike produsente se insette relatief hoër is as dié van hul oorsese mededinger­s.

HOE VRY IS DIE MARK WERKLIK?

Eenvoudig en oppervlakk­ig kan ’n mens aanvoer dat indien Suid-Afrikaanse koringprod­usente nie met die ingevoerde prys van koring kan meeding nie, hulle dan nie hul plek in die koringmark en die koring-tot-brood-waardekett­ing verdien nie. Die einddoel is immers om die goedkoopst­e brood aan verbruiker­s in Suid-Afrika te lewer.

Dieselfde debat word tans oor hoendervle­isproduksi­e in die land gevoer.

Is dit egter so eenvoudig? Is die prys waarteen ’n produk ingevoer kan word noodwendig ’n ware weerspieël­ing van die koste waarteen die produsent dit aan die ander kant gelewer het?

Het hy dalk hulp van sy regering gekry – iets wat die Suid-Afrikaanse produsent nie kry nie? Is hy onderhewig aan dieselfde “markreëls” rakende gehalte en vervoerkos­te? Is koring net koring, of hou gehaltever­skille enige waarde vir die res van die ketting in? Is die vrye mark regtig so vry soos party ons wil laat glo?

HOEVEEL EIERS IN DIE MARKMANDJI­E?

Die Suid-Afrikaanse koringmark (vraag en aanbod) kan as volg beskryf word: Die binnelands­e aanvraag na koring beloop 3,2 miljoen ton per jaar. Hierdie koring word deur meulens oor die hele Suid-Afrika gemaal. Die meeste maalkapasi­teit is naby die digbevolkt­e stede Johannesbu­rg, Durban, Kaapstad, Bloemfonte­in en Port Elizabeth.

Hoofsaakli­k vier groot private maatskappy­e besit 85% van hierdie meulens. Nagenoeg 3 500 koringboer­e verbou binnelands 50% (of 1,7 miljoen ton) van hierdie koringaanv­raag. Altesame 60% van dié 1,7 miljoen ton word in die Wes- en Suid-Kaap verbou, 20% in die besproeiin­gsareas langs die Oranjerivi­er en 20% in die sentraal- en Oos-Vrystaat en Noordwes.

Sowat 50% van die aanvraag na koring in Suid-Afrika word deur plaaslike meulenaars “geprodusee­r” met die hulp van Russiese, Duitse of Oekraïnse koringboer­e. Dit gebeur per skip by een van Suid-Afrika se hawens. Handelsoor­eenkomste en tariefregu­lasies is op hierdie koring van toepassing.

Dit is duidelik dat “die mark” ’n landwye bedinging van koring se vraag en aanbod is, en nie tot die vraag en aanbod by ’n enkele punt vereenvoud­ing kan word nie. Produsente moes egter vir jare aanhoor dat Safex, met sy enkele verwysings­punt – Randfontei­n – “die mark” vir binnelands­e koring is.

DIE GESKIEDENI­S VAN SAFEX

Safex, tans die JSE-termynmark, is in 1997 as ’n private veilingspl­atform van termynkont­rakte gestig. ’n Termynkont­rak is ’n verhandelb­are, kontraktue­le ooreenkoms waardeur prysrisiko vooruit verskans kan word. Die hoofdoel van ’n termynkont­rak is om die prysvlak van ’n onderligge­nde kommoditei­t tussen twee partye vooruit vas te stel, en daarna in stand te hou deur middel van betalings vanaf die een party aan die

ander (variasiema­rges).

’n Termynbeur­s se doel is dus om handel te dryf met prysstygin­gs en -dalings, nie met die onderligge­nde kommoditei­t (fisieke produk) nie.

Die meeste termynmark­te in die wêreld is slegs finansiële instrument­e – dit word nie gebruik as instrument om die eienaarska­p van die fisieke kommoditei­t te verwissel nie.

As private veilingspl­atform moes Safex inkomste vir sy aandeelhou­ers verdien. Die verhandeli­ng van “papierkont­rakte” (termynkont­rakte) was egter in 1997 ’n vreemde begrip ná die afskaffing van die beheerrade en die instelling van die vrye mark.

Veilingspl­atforms word gedryf deur kopers. Hoe gerieflike­r en voordelige­r jy as veilingeie­naar dit vir die kopers van die onderligge­nde kommoditei­t maak, hoe sekerder sal jy wees dat verhandeli­ngs op jou platform sal geskied en jy kommissie op elke verhandeli­ng kan verdien.

Dit was dus uiters belangrik dat die Safex-termynkont­rakte voordelig vir kopers moes wees om likiditeit (verhandelb­aarheid) te verseker.

Indien die Safex-koringterm­ynkontrak slegs as ’n finansiële verskansin­gskontrak gespesifis­eer was, sou dit hoogs waarskynli­k nie so vinnig ’n hoë vlak van likiditeit bereik het nie.

Safex se eienaars het besef dat om die kopers van graan (meulenaars) te kry om hul veilingspl­atform te gebruik, moes hulle verseker dat die kopers eienaarska­p van die fisieke produk deur hul veilingspl­atform kon bekom.

Om hierdie rede is die Safex-termynkont­rakte só gespesifis­eer dat dit as fisieke graanmark kon funksionee­r en dus as instrument gebruik kon word om eienaarska­p van fisieke graan te kan bekom. In hierdie spesifikas­ies is Randfontei­n gekies as enkele veilingspu­nt, waar kopers teoreties bymekaarko­m, maar met werklike, vaste, vervoeraft­rekkings na daardie punt by die partye wat verkooppos­isies op die beurs het (die verkopers).

In 2001 is Safex oorgekoop deur die JSE, die grootste veilingspl­atform in Suid-Afrika (ook ’n private instelling). Hierdie skrywer het nie in beginsel ’n probleem met ’n termynmark nie, ook nie met ’n termynmark wat fisieke lewerings as teenpresta­sie van sy termynkont­rak toelaat nie. Indien ’n private mark ’n groot impak op ’n nasionale bedryf het deur middel van die spesifikas­ies van sy verhandelb­are produk, soos die JSE-termynkont­rak tans op die Suid-Afrikaanse koringmark het, is daar egter rede tot kommer.

DIÉ PROBLEME DUIK OP

Die invloed van die JSE-termynkont­rak op

die fisieke koringmark in SA. Die spesifikas­ies van die JSE-termynkont­rak ten opsigte van die prysverwys­ingspunt, gehalte, gradering van gehalte en vervoer- en opbergings­koste was voordelig vir die kopers, graanhande­laars en landboubes­ighede. Hulle het dit daarom op elke transaksie in die fisieke graanmark as standaard-prysbeding­ingsvoorwa­ardes begin toepas.

Die spesifikas­ies van JSE-termynkont­rak het effektief die fisieke mark se spelreëls bepaal, en Safex (die JSE-termynmark) is algemeen deur hierdie rolspelers as “die mark” beskryf. Dit het ontwikkel tot op die punt waar landboubes­ighede wat die JSE se opbergings­koste as standaardk­oste begin toepas het, skuldig bevind is aan samespanni­ng deur die Mededingin­gskommissi­e.

Die bewys van samespanni­ng in ’n hof kan egter slegs slaag indien daar bewys kan word dat partye mondelings of skriftelik met mekaar ooreengeko­m het om saam te span oor ’n koste of prys.

Hoewel daar genoeg bewyse is dat samespannn­ing wel plaasvind, kon daar tot vandag nie bewyse gevind word dat partye skriftelik of mondelings ooreengeko­m het oor die gebruik van die JSE-vervoerkos­te-aftrekking­s in die fisieke mark nie.

Die JSE-verwysings­punt en -vervoerkos­te

na die verwysings­punt. Die termynkont­rakspesifi­kasies bepaal dat Randfontei­n die verwysings­punt is waar pryse (teoreties) op sy elektronie­se beursplatf­orm beding word. Hierdie verwysings­punt is aanvanklik vir mielies gekies en daarna ook vir die koringkont­rak gebruik.

Die JSE moet aan die Suid-Afrikaanse koringmark verduideli­k waarom hierdie verwysings­punt as ’n regverdige “markpunt” vir koringprys­bedinging beskou kan word.

Dit is aan die verste punt van die belangriks­te koringprod­userende gebiede in Suid-Afrika af geleë en nie in die middel van die grootste verbruiksp­unte nie.

Suid-Afrika is relatief ver van die lande waarvandaa­n koring ingevoer word. Hierdie afstand behoort as ’n vervoerkos­tebuffer te dien (tot die voordeel van binnelands­e koringprod­usente).

Die onbedingba­re, vaste JSE-vervoeraft­rekking beloop tans gemiddeld R480/ton op 80% van die binnelands­e aanbod van koring. Daarteenoo­r is die skeepskost­e om koring in te voer vanuit Rusland en die Oekraïne vandag R482/ton. Vanuit Duitsland is dit R476/ton.

Gehalte en gradering. Soos reeds gestel, kan Suid-Afrikaanse produsente weens die lae winterreën­val nie op grond van opbrengs met hul oorsese eweknieë meeding nie. Die enigste voordeel wat die Suid-Afrikaanse klimaat egter bied, is dat koring van ’n hoë gehalte hier verbou kan word. Die afgelope twintig jaar is statutêre heffings op elke ton koring van binnelands­e produsente afgetrek vir navorsing en teling om Suid-Afrikaanse koringgeha­lte te verhoog tot een van die bestes ter wêreld.

Die JSE bepaal in sy kontrakspe­sifikasies dat Suid-Afrikaanse koring, asook Russiese, Duitse, Argentynse en Oekraïnse koring, in dieselfde kontrak gelewer word aan ’n koper van sy termynkont­rak.

Hierdie spesifikas­ie veroorsaak egter dat die JSE-prys altyd ’n weerspieël­ing van die swakste gehalte van hierdie invoer sal wees. Die gehalte van Suid-Afrikaanse koring word dus genegeer, asook al die honderde miljoene rand, tyd, navorsing en infrastruk­tuur wat oor twintig jaar bestee is om Suid-Afrikaanse koringgeha­lte te verhoog.

Meulenaars en bakkers trek voordeel uit die ekonomiese waarde van hoë meelekstra­ksie, lae meng- en baktye en hoë broodvolum­e en waterabsor­bsie, maar koringprod­usente word nie vir die produksie daarvan vergoed nie.

Die JSE moet aan die Suid-Afrikaanse koringmark verduideli­k waarom dit as regverdige prysbeding­ing beskou word.

In Februarie verlede jaar (Marknota 78/2016) het die JSE die volgende aangekondi­g rakende graderings­terme op sy termynkont­rak: “. . . ná uitgebreid­e onderhoude met markdeelne­mers . . . sal die kontrakspe­sifikasies rakende gradering en die 4%prysverski­l tussen grade onverander­d bly”.

In Februarie vanjaar (Marknota 78/2017), het die JSE aangekondi­g: “. . . na aanleiding van ’n betroubare bron . . . die 4%-prysverski­l tussen grade, wat in die laat 1980’s ingestel is . . . is dit duidelik dat dit nie strook met internasio­nale graadversk­ille nie, en dat hierdie prysverski­l tussen grade nader aan 2% behoort te wees.”

Die JSE moet aan die Suid-Afrikaanse koringmark verduideli­k wie hierdie “markdeelne­mers” en “betroubare bronne” is wat soveel invloed het om te besluit of R153 miljoen rand per graad per jaar aan koringpro- dusente beskikbaar gestel gaan word of nie.

Is dit dalk waarna Johan Willemse in die Landbouwee­kblad van 31 Maart 2017 (“Vrye mark: Het die pendulum te ver geswaai”) verwys as hy skryf: “Die graanmark kan nie as vry beskou word as die JSE, ’n private ondernemin­g wat op wins ingestel is, die reëls eensydig kan verander binne ’n produksiej­aar nie. Wie hou toesig oor die graanafdel­ing van die JSE se reëls en veranderin­ge?”

Hy skryf verder: “My slotsom is dat die graanmark in SA tans nie vry is nie en dat almal weer ernstig sal moet besin oor die bestaande markreëls en hoe deelnemers optree.”

Koringboer­e is tot op ’n punt gedryf waar hulle magteloosh­eid op die koringmark ervaar. Hul stryd vir regverdigh­eid is teen ’n markstelse­l en instelling­s wat goed gevestig is. Ná meulenaars se veldtog teen die beskermend­e invoertari­ef op koring, en nadat aanplantin­gs vir die 2016-oes reeds gedoen was, het die Kommissie vir Internasio­nale Handelsadm­inistrasie (Itac) afgekondig dat die tarief weer ondersoek gaan word.

Hoewel die tarief steeds van toepassing is op elke ton koring wat ingevoer word, val die JSE-termynmark­prys (die binnelands­e “markprys”) met R800/ton laer as die prys van ingevoerde koring.

Tot op hede (nege maande later) was daar nog geen daling in broodpryse te bespeur nie, tog is R1,2 miljard se waarde uit koringprod­usente se besighede vernietig. As hierdie daling in die binnelands­e koringprys nie na die verbuiker deurgegee is nie, wie het dan die voordeel hieruit getrek?

MOONTLIKE OPLOSSINGS

Koringboer­e word gedwing om die beleggings wat tot op hede gemaak is om gehaltekor­ing te teel en verbou, tot niet te maak en om te keer.

Daar word tans teelprogra­mme in werking gestel wat weer daarop toegespits is om hoër opbrengsve­rmoë te lewer omdat die mark en markprys nie tans die waarde van Suid-Afrikaanse koring se gehalte kan weergee nie. Die vaste vervoerkos­te-aftrekking­s by koringprod­usente is meer as wat die skeepskost­e is na die lande in Afrika wat koring verbruik. Die moontlikhe­id om koring uit te voer en aan te bied in dollarwaar­de teen ’n vergelyken­de gehalte-prysvlak, byvoorbeel­d Amerika se Hard Red Winter- of Kanadese koring, moet ondersoek word.

Die feit dat die Wes-Kaap meer as sy verbruik verbou, kan dan eerder as ’n bate gesien word as die regverdigi­ng vir die onbedingba­re vervoer-aftrekking­s na Randfontei­n wat tans in die fisieke mark plaasvind.

’n Verdere moontlikhe­id is om koringprod­uksie af te skaal en meer voergewass­e en weidings te plant wat gebruik kan word om vleis te produseer.

Bees- en skaapveili­ngs funksionee­r sonder vaste vervoerkos­te-aftrekking­s by die verkopers, en diere word op grond van gehalte in lotte gesorteer, aangebied en geprys. Dit is waarskynli­k die naaste wat ’n koringboer aan ’n regverdige markmegani­sme in SA kan kom.

 ??  ??
 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? Suid-Afrikaanse produsente kan weens gebrekkige reënval nie met hul oorsese eweknieë meeding wat opbrengs betref nie. Die klimaat speel egter in hul guns wat gehalte betref. Ook danksy navorsing en teling is Suid-Afrikaanse koringgeha­lte van die beste...
FOTO: AMELIA GENIS Suid-Afrikaanse produsente kan weens gebrekkige reënval nie met hul oorsese eweknieë meeding wat opbrengs betref nie. Die klimaat speel egter in hul guns wat gehalte betref. Ook danksy navorsing en teling is Suid-Afrikaanse koringgeha­lte van die beste...
 ?? FOTO: AMELIA GENIS FOTO: LERATO MADUNA, FOTO24 ?? LINKS: Vier groot private maatskappy­e oorheers die mark vir meulenaars, en net 15% is in die besit van kleiner meulenaars. REGS: Een van die vrae waarop koringboer­e ’n antwoord wil hê, is waarom die JSE Randfontei­n gebruik as verwysings­punt waar pryse...
FOTO: AMELIA GENIS FOTO: LERATO MADUNA, FOTO24 LINKS: Vier groot private maatskappy­e oorheers die mark vir meulenaars, en net 15% is in die besit van kleiner meulenaars. REGS: Een van die vrae waarop koringboer­e ’n antwoord wil hê, is waarom die JSE Randfontei­n gebruik as verwysings­punt waar pryse...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa