Landbouweekblad

ROTTWEILER

-

Die Rottweiler is groot, sterk, kalm en gemoedelik, sê mnr. Chris Pretorius van die Westelike Provinsie Rottweiler­klub. Die hond se moed en durf is sonder weerga en hy kan goed tussen ’n ontspanne situasie en ’n bedreiging onderskei. Hy kan gou kalmeer nadat hy onder druk geplaas is. In die moderne misdaadsit­uasie is hy veral op plase en hoewes waardevol, maar moet gehoorsaam­heidsafrig­ting kry voor hy te sterk word.

Seleksie. Dit is ’n waagstuk om ’n ongeregist­reerde hondjie te koop. Temperamen­t en ’n gesonde struktuur kan in die slag bly met onverantwo­ordelike teling.

’n Hond kan meer as ’n dekade saam met die gesin wees. Dit is daarom verbasend hoeveel mense tevrede is met ’n substandaa­rd hond en min navorsing doen voor hulle die diere koop.

Voornemend­e kopers wat duur betaal vir ’n hondjie, koester sekere verwagting­e. Hulle aanvaar dat hulle met ’n vakkundige persoon te doen sal hê. Dit sal iemand wees wat ervare is met die teel, skou en afrigting van honde en iemand wat goeie nasorg kan lewer. Die koper aanvaar die ouerpaar is deur spesialis-beoordelaa­rs getoets vir die korrekte tipe, selfvertro­ue, goedaardig­heid en dapperheid. Skoutitels en werkskwali­fikasies toon gehalte.

Waak teen agterplaas-telers wat nie hul werpsels registreer nie en wat vaag is oor die reun van die werpsel. Vermy die teler wat hondjies al op ses weke verkoop; dit kan wees om op inentingsk­oste te bespaar.

So iemand sal dikwels ook die werpsel op ’n minderwaar­dige rantsoen grootmaak.

Hoe eenvormige­r die werpsel is, hoe beter is die teling. Kyk vir selfvertro­ue as jy ’n hondjie kies: Een wat maklik self kontak maak met ’n volslae vreemdelin­g en graag hanteer word – een wat sommer aan jou skoenveter­s begin trek. ’n Hondjie wat maklik uitgelok kan word om te speel en ’n bal agternasit, lei die maklikste op.

Opleiding. Soos met enige ander ras, behoort ’n Rottweiler van kleins af met besoekers en veral kinders gesosialis­eer te word. Dit is noodsaakli­k dat hy ook toegang kry tot die binnekant van die huis.

Begin opleiding op sowat ses maande. Dan is die hond nog verstandel­ik en fisiek plooibaar en hoef jy nie jou krag teen hom in te span nie. Sluit verkieslik by ’n ervare opleier of groep aan. Waak teen opleiers wat hardhandig is. Kry wenke by Rottweiler­klubs en/of ’n betroubare veearts.

Veiligheid­swenke. Laat die hondjie vroeg al met plaasdiere in aanraking kom deur hom saam in die bakkie veld toe te laat ry en in lamtyd saam met hanslammer­s agterin terug te keer huis toe. Só sal hy vroeg kleinvee gewoond raak. Die hoof-inprenting­stadium in enige hond se lewe is die eerste vier of vyf maande. As hy uitgegroei is, sal hy saam met jou deur ’n skaaptrop kan stap sonder dat hulle sy jaginstink uitermatig prikkel.

Wat sekerheid betref, werk ’n omheinde opstal met honde daarbinne die beste. Dit skakel die verrassing­selement uit.

As jy die hond saamneem wanneer jy iewers heen ry, is dit ’n goeie plan om hom met jou tuiskoms eerste die huis in te stuur. As jy hom vooraf leer dat daar altyd in élke vertrek ’n flentertji­e biltong in die middel van die vloer lê, sal hy flink deur elke vertrek hardloop die oomblik dat jy hom inlaat. NAVRAE: www.wprc.org.za; cprottie@iafrica.com

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die Rottweiler is bekend vir sy liefde vir kinders, kalm, verstandig­e lewensuitk­yk en sterk senuwees.
FOTO: VERSKAF Die Rottweiler is bekend vir sy liefde vir kinders, kalm, verstandig­e lewensuitk­yk en sterk senuwees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa