Landbouweekblad

Hortgro belê miljoene in werksmag van die toekoms

- LUCILLE BOTHA

DIE sagtevrugt­ebedryfsli­ggaam Hortgro het bykans R4 miljoen bewillig in beurse en opleiding aan universite­ite as ’n belegging in die toekoms van SuidAfrika se landbouwer­ksmag.

Hortgro het die afgelope 14 jaar sowat R35 miljoen in beurse belê.

Vanjaar trek studente aan die Universite­it Stellenbos­ch, die Kaapse Skiereilan­d Universite­it van Tegnologie, Elsenburg en die universite­ite van Limpopo, Pretoria en die Vrystaat voordeel uit die R3,7 miljoen wat Hortgro in die bedryf terugploeg. Die organisasi­e finansier altesame 68 studente, van wie 41 met nagraadse studie besig is. Die beursskema word saam met die kern en steenvrugt­ebedryf, AgriSeta en die Sagtevrugt­eontwikkel­ingstrust bedryf.

“Dit is nodig om steun te bied vir die ontdekking en opleiding van die beste intellektu­ele en die ontwikkeli­ng van ’n sterk arbeidsmag,” sê mnr. Anton Rabe, uitvoerend­e direkteur van Hortgro.

Die waarde van die sagtevrugt­ebedryf beloop sowat R11 miljard en ’n opgeleide arbeidsmag is noodsaakli­k om dit verder uit te bou, sê Rabe.

Dr. Xolani Siboza, ’n vrugteprod­uksienavor­ser by Hortgro Science, het in ’n landelike omgewing grootgewor­d en ook met ’n beurs studeer.

Hy het beklemtoon watter skaarste daar aan opgeleide mense in die landbou is.

“Ons benodig mense met nuwe energie in die veld, jong mense wat leiding kan neem om die bedryf te hernu en uit te brei.”

“Daar moet nog harde werk gedoen word om jong mense te oortuig dat ’n loopbaan in die landbou vir hulle voordelig sal wees. Die tuinbou en tegnologie­bedryf is besig om te ontwikkel en daar lê talle geleenthed­e oor die volgende 20 tot 30 jaar voor,” sê Rabe.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnr. Nicholas Dicey (naasregs), voorsitter van Hortgro, en dr. Xolani Siboza (regs), navorser by Hortgro Science, saam met drie beurshouer­s van Hortgro wat tans hul M.Sc.-grade voltooi. Hulle is mnre. Andrew van Lingen, Werner Truter en Philip Rebel.
FOTO: VERSKAF Mnr. Nicholas Dicey (naasregs), voorsitter van Hortgro, en dr. Xolani Siboza (regs), navorser by Hortgro Science, saam met drie beurshouer­s van Hortgro wat tans hul M.Sc.-grade voltooi. Hulle is mnre. Andrew van Lingen, Werner Truter en Philip Rebel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa