Landbouweekblad

HET JY GEHOOR?

-

‘Jy kan tog nie iets reguleer waarvan jy niks weet nie.’

MNR. ACHMAT SEDICK, direkteur van die Moslemregs­raad se Halaal-trust, oor die Regering se planne om spesiale produksiem­etodes, soos organiese en veldvleis, te reguleer. Bl. 20

‘Ons het probeer kyk wat van die geld geword het, en dit is skrikwekke­nd.’

MNR. OMRI VAN ZYL, uitvoerend­e direkteur van Agri SA, oor die resultate van ’n oudit oor staatshulp vir droogteget­eisterde boere. Bl. 14

‘ ’n Kombinasie van dwang en vrywillige benadering blyk die doeltreffe­ndste oplossing te bied om veranderin­g teweeg te bring.’

DR. DAVID SPEKSNIJDE­R, verbonde aan die Universite­it van Utrecht in Nederland se departemen­t aansteekli­ke siektes en immunologi­e (fakulteit diergenees­kunde). Bl. 15

‘Die renosters sal vir hulself moet begin sorg.’

MNR. BARRY YORK, renosterbo­er, oor die nodigheid dat inkomste uit renosterho­ringverkop­e, pleks van die verkoop van ander skaars wild, moet begin betaal vir sekerheid van renosters in private besit. Bl. 22

‘Ons paar miljoen ton is niks as plaaslike pryse laag genoeg daal nie.’

MNR. BRINK VAN WYK, handelaar by BVG, oor vooruitsig­te om Suid-Afrika se verwagte mieliesurp­lus van 4 miljoen ton van die hand te sit. Bl. 17

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa