Landbouweekblad

Dié week in die landbou

- toor het aanbeveel dat Jankielsoh­n die klagte na die nasionale departemen­t verwys. — OFM-nuus Daar was binne vier weke sewe plaasaanva­lle in Noordwes en die burger-

KLAGTE OOR DROOGTEHUL­P

’n Interne ondersoek deur die Vrystaatse departemen­t van landbou het geen bedrog en korrupsie met die verskaffin­g van droogtehul­p aan die lig gebring nie. Die ondersoek het gevolg ná klagtes van mnr. Roy Jankielsoh­n, DA-lid van die provinsial­e raad, by die Openbare Beskermer (OB) oor beweringe van boere wat noodvoer ontvang het sonder dat hulle enige vee gehad het. Hulle het dan die voer by boere in nood probeer ruil vir vee. Die departemen­t kon nie bepaal waar die voer vandaan gekom het nie. ’n Verteenwoo­rdiger van die OB se kan-

LANDBOU GROEI STERK

Was dit nie vir die landbou nie, sou die beleërde Suid-Afrikaanse ekonomie in ’n veel hagliker toestand gewees het, sê die bedryfsorg­anisasie Agri SA. Dít is in reaksie op die aankondigi­ng dat die nasionale ekonomie in ’n tegniese resessie verval het.

Statistiek­e SA het bekend gemaak dat Suid-Afrika se bruto binnelands­e produk (BBP) in die eerste kwartaal van vanjaar met 0,7% ingekrimp het, en in die voorafgaan­de kwartaal met 0,3%. Daarteenoo­r het die landbousek­tor die afgelope jaar met 22% gegroei. Agri SA hoop hierdie statistiek­e laat die Regering besef landbou-ontwikkeli­ng en grondtitel­aktes vir nuwelingbo­ere behoort ’n nasionale voorrangsa­ak te wees. — Agri SA

MIELIES UIT HOOPSTAD

’n Groep mielieboer­e uit Hoopstad onder leiding van mnr. Janes Barnard samel met die hulp van NWK mielies in om aan boere in Namakwalan­d en Boesmanlan­d te skenk waar dit steeds baie droog is. Janes sê hulle het al 700 ton mielies en R800 000 aan kontant en vervoerske­nkings ontvang. Boere kan deur die NWK-silo’s mielies skenk. NWK dra ook R50 000 by vir vervoer.

Mnr. Heinrich Krüger, voorsitter van NWK, sê voerskenki­ngs wat boere in Noordwes verlede jaar tydens een van die ergste droogtes ooit ontvang het, is nog vars in almal se geheue.

“Hierdie is nou ’n geleenthei­d om ander medeboere in nood by te staan. Navrae kan by enige van NWK se silobestuu­rders gerig word.” — NWK

SEWE PLAASAANVA­LLE

regte-organisasi­e AfriForum het opnuut ’n beroep op die premier, mnr. Supra Mahumapelo, gedoen om in te gryp, soos wat hy vroeër by Coligny gedoen het. Mnr. Ernst Roets, uitvoerend­e hoof van AfriForum, sê Mahumapelo se stilswye oor hierdie kwessie kan maklik die indruk wek dat hy hom nie aan plaasaanva­lle steur nie.

Die voorvalle sluit in aanranding­s by Leeudoring­stad en Wolmaranss­tad, plaasaanva­lle by Ottosdal, en by Basfontein en Koperfonte­in naby Derby, ’n verkragtin­g op ’n plaas by Sannieshof en ’n moord en poging tot moord by Sannieshof. — AfriForum

BIELIE VAN ’N PRYS

’n Bonsmarabu­l van mnr. Nick Sernick is teen ’n allemintig­e R340 000 op die 39ste produksiev­eiling van Sernick Bonsmara’s, Edenville, verkoop. Bulle het gemiddeld R93 000 stuk behaal teenoor die vorige jaar se R68 000. Die duurste vroulike dier is teen R26 500 verkoop. Sowat 150 kopers van die OosKaap, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Namibië het die jaarlikse veiling bygewoon. Sernick Bonsmara het die veiling aangebied en mnr. Johan van der Nest was die afslaer.

 ??  ?? 48
48
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnr. Nick Serfontein van die Sernick-groep van Edenville.
FOTO: VERSKAF Mnr. Nick Serfontein van die Sernick-groep van Edenville.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa