Landbouweekblad

Dodelike besmetting: Beperk só lamvrektes

- — JOHAN NORVAL

DIE ROOIVLEISB­EDRYF is hoopvol dat Suid-Afrika sy nuut verworwe status as netto uitvoerder van rooivleis op lang termyn sal behou.

Mnr. Gerhard Schutte, uitvoerend­e hoof van die Rooivleisp­rodusenteo­rganisasie (RPO), sê hy is optimistie­s dat die rooivleisb­edryf verlede jaar se prestasie, toe die land die eerste keer ’n netto uitvoerder van beesvleis geword het, sal kan voortsit.

Luidens syfers van die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens het Suid-Afrika verlede jaar altesame 38 173 ton beesvleis uitgevoer, lewende hawe uitgesluit. Die land het in dieselfde tydperk 24 744 ton beesvleis, lewende hawe uitgesluit, ingevoer.

“Die implikasie is dat die land met 2,8% ’n netto uitvoerder van beesvleis was,” sê Schutte.

Volgens Schutte was een van die bydraende faktore die groot aantal diere wat weens die voordie afgaande droogte geslag is.

“Daar bestaan ’n moontlikhe­id dat die uitvoernei­ging vanjaar en volgende jaar kan terugswaai na dié van netto invoerder, maar dat die stygende rooivleisp­roduksie in 2019 weer kan bydra tot die status as netto uitvoerder.”

Hy skryf sy optimisme toe aan die stygende produksie die afgelope vyf jaar, asook ’n toename in die karkasgewi­g van speenkalwe­rs van gemiddeld 250 kg tot 275 kg.

Boere slaag daarin om meer vleis te lewer ten spyte van die wye vestiging van wildboerde­rye in veegebiede en die nadelige uitwerking van die mynbou.

Die slag van beeste het sedert 2012 van bykans 2,3 miljoen kg vleis tot bykans 3 miljoen kg toegeneem, ’n styging van 29,7%.

Die land wat die meeste plaaslike, sappige biefstukke van uitvoergeh­alte kry, is Brittanje.

“Dis juis waar ons wil wees – op dollar- en pondmarkte,” sê hy.

Schutte sê die Regering het ook baie gedoen om ’n ander winsgewend­e mark, China, vir die plaaslike bedryf toeganklik te maak.

“Die onus rus nou op die bedryf om die nodige protokolle vir uitvoer na China gereed te kry – dán kan die private sektor die ontwikkeli­ng van dié mark behartig.

“Beter tegnologie en groter intensifis­ering het ’n rol gespeel, asook die feit dat daar vordering gemaak is met die ontsluitin­g van die potensiaal van die opkomende sektor, wat 40% van alle vee in die land besit.”

Hy sê die land se goed ontwikkeld­e en gevorderde voerkraalb­edryf het ook ’n groot rol in die prestasie gespeel.

Schutte sê dit is belangrik dat daar in die behoeftes van die plaaslike en internasio­nale verbruiker voorsien moet word. Hoewel daar steeds ruimte vir verbeterin­g is, is die gehalte van Suid-Afrikaanse beesvleis hoog.

Volgens die RPO was die formele plaaslike beesvleisp­roduksie verlede jaar 792 095 ton.

Dit beteken dat 4,8% van die plaaslike produksie verlede jaar uitgevoer is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa