Landbouweekblad

DIE ANDER SÊ

-

’n Direkteur wat glo as taxibestuu­rder werk, is onder diegene wat verlede jaar deur die Regering aangestel is om miljoene rande se droogtehul­p aan boere in sewe droogteget­eisterde provinsies te verleen.

Agri SA het op ’n mediakonfr­ensie gesê die Regering se diensversk­affers vir droogtehul­p het nie “verstaan hoe die landbou werk nie” en het soms na bewering pryse oormatig gelaai.

Rapport kon die volgende oor ván die diensversk­affers vasstel:

Michael Bolokang, direkteur van Xpel Marketing and Communicat­ion, wat voer in Limpopo moes verskaf, werk volgens inligting van die kommissie vir maatskappy­e en intellektu­ele eiendom (CIPC) as ’n taxibestuu­rder by die Taung Taxi Associatio­n, maar hy ontken dit. Hy is van Mmabatho in Noordwes.

Alfred Mthimkhulu, enigste direkteur van Tshipa Investment­s, aan wie ’n kontrak van R25 miljoen toegeken is om voer in Mpumalanga te lewer, het in 2015 getender om “3 000 fietse, valhelms, lugpompe, glimbaadji­es, pamflette oor padtekens en opleiding” aan die Gautengse departemen­t van paaie te verskaf.

Oor Letlotlo Growth Investment­s, Safco Holdings Primary Cooperativ­e Limited en Croplands Agricultur­al Equipment, wat saam R74 miljoen se kontrakte gekry het, is bitter min inligting op die internet beskikbaar.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa