Landbouweekblad

Eiendom – jou 1ste treë na finansiële welvaart

MOUNT SOPHIA, ’n veiligheid­skompleks in die hartjie van HEUWELSIG, BLOEMFONTE­IN (Vrystaat), bied die potensiële koper prima ligging in ’n gevestigde en gewilde woonbuurt waarvan die aanvraag na eiendom hoog is, met ongeloofli­ke moontlikhe­de vir ’n groeien

-

Volgens Me Alice Zhao, Prinsipaal van Lenova Constructi­on and Developmen­t in Bloemfonte­in, “het ’n hoër ‘vraag-(aanbod)-ratio’ ’n positiewe reaksie op die groei van ’n eiendom se waarde. Hierdie positiewe groei, maak dit makliker om eiendom te verkoop – wat bydra tot die belegger (of huiseienaa­r) se finansiële welvaart en -sekuriteit. ¾ Eiendom is ’n plooibare bate en bied ’n stabiele, veilige belegging – terwyl die waarde van die eiendom oor die langtermyn geleidelik toeneem en ’n hoë groeipoten­siaal (inkomste) waarborg. In teenstelli­ng met eiendom, is aandele en die effektemar­k ’n hoë-risiko-belegging, met ’n heelwat groter kans dat die belegger sy insetkapit­aal kan verloor. ¾ Deur eiendom te verhuur, kan ’n passiewe inkomste gegenereer word, wat op verskeie maniere herbenut kan word, onder andere die afbetaling van die eiendom, terwyl die kollektiew­e beleggings­waarde daarvan bly toeneem. ¾ Eiendom is ’n besonder aanloklike opsie as ’n aftreeen/of pensioensp­aarplan. Pensioenfo­ndse se omset hang baie af van die wyse waarop die belegging/s bestuur word en boonop word opbrengs eers met aftrede uitbetaal. Eiendom bied dus ’n gewilde, maar veilige “oorgang” of addisionel­e inkomste met die aanloop tot aftrede en selfs daarna. ¾ Die verkoop van eiendom is gekoppel aan kapitaalwi­ns, wat weer in ’n nuwe eiendom en/of aftree-spaarplan belê kan word om sodoende die belegger groter finansiële gemoedsrus te gee en tot sy gevoel van welbehae by te dra. “Ondanks skommeling­e in die ekonomie, bly eiendom steeds die beste keuse wanneer daar oor die langermyn belê word”, aldus Zhao. FAKTORE OM IN AG TE NEEM MET DIE KEUSE VAN EIENDOM: • LIGGING Mount Sophia is geleë in ’n eersteklas, gevestigde en veilige woonbuurt met gerieflike toegang tot skole en universite­ite, topgehalte mediese dienste, moderne winkelsent­rums en die gewone dag-tot-dag-fasiliteit­e wat ’n mens nodig het. Dit impliseer ’n aanloklike en sterk beleggings­moontlikhe­id wat waarde toevoeg tot eiendom, die vraag daarna verhoog en die verkoop daarvan makliker maak. • SEKURITEIT Misdaad is ’n realiteit in Suid-Afrika, maar Mount Sophia gee beleggers gemoedsrus omdat ...: ¾ ... daar sekerheid in ‘gemeenskap’ of sogenaamde ‘veiligheid in getalle’ is en die feit dat jy weet wie jou bure is. Dit skep ’n natuurlike ‘buurtwag’ waar inwoners vir mekaar en hul eiendom uitkyk, wat verder versterk word deur die gebruik van sosiale media om inwoners op hoogte te hou van aktiwiteit­e in en om die kompleks. ¾ ... al Mount Sophia se huise toegerus is met die nuutste en beste tegnologie in sekuriteit, waaronder selna-hek-toegang, kringtelev­isiekamera­s, ’n hoë, geëlektris­ifiseerde heining asook die teenwoordi­gheid van ’n 24-uur reaksie-eenheid en veiligheid­swagte wat die kompleks patrolleer. Elke eenheid is ook met ’n interne alarmstels­el toegerus en eienaars kan kies om dit te aktiveer en aan die gekontrakt­eerde sekerheids­maatskappy te koppel om sodoende groter gemoedsrus te verkry. • INSTANDHOU­DING ¾ Die verantwoor­delikheid vir die instandhou­ding van die kompleks, insluitend­e die eksterne fasade van individuel­e eiendom, is die gesamentli­ke verantwoor­delikheid van die inwoners en die beheerligg­aam, wat die kompleks namens die inwoners bestuur. “Dit beteken die daaglikse instandhou­ding en bestuur van die kompleks word profession­eel hanteer, wat eienaars groter vryheid gee om by ander dinge betrokke te raak, terwyl hulle geld spaar weens die kollektiew­e bedingings­mag wat eienaars in ’n kompleks het”, sê Zhao. ¾ Mount Sophia is ’n unieke, omgewingsv­riendelike siersteen-ontwikkeli­ng wat mooi by die natuurlike omgewing inpas. Die gebruik van aluminiumv­ensterrame en -skuifdeure dra by tot die lae (en goedkoper) instandhou­ding van hierdie kompleks. • ANDER Bo-en-behalwe die voordele reeds genoem, “bly deeltitel-eienaarska­p, met sy toesluit-en-ry-leefstyl by verre die gewildste vorm van huiseienaa­rskap”, sê Zhao. So, het Mount Sophia heelwat ander voordele wat dit ’n gewilde beleggings­keuse maak: ¾ Voorafbeta­alde water- en elektrisit­eitmeters. (Makliker om gebruik te monitor.) ¾ Wateropgaa­rtenk vir elke eenheid. ¾ Profession­ele tuinuitleg en gebruik van waterbespa­rende plantegroe­i. ¾ Eko-vriendelik­e, ‘groen-benadering’ in die ontwerp en argitektuu­r van die eenhede. ¾ Moderne ontwerp (voorkoms) en die gebruik van die nuutste bouneiging­s. ¾ Ultra-moderne en duursame afronding. ¾ Aandag aan detail, soos die praktiese benutting van ruimte en die vloei van beweging, moderne oopplankom­buis en -leefruimte, granietbla­aie, ingeboude ontwerpers­kaste en badkamers wat jou hart sal steel. ¾ Onderdak patio/braaiarea met ’n omheinde private tuin en grasperk. ¾ Gemeenskap­like swembad en speelarea.

Wie is LENOVA? Lenova is een van Bloemfonte­in se toonaangew­ende konstruksi­emaatskapp­ye met jarelange ondervindi­ng in die boubedryf en kundigheid in residensië­le eiendom. Bo-en-behalwe die eienskappe wat reeds hier genoem is, onderskryf Lenova ook goeie vakmanskap en profession­ele na-verkopedie­ns.

VIR MEER INLIGTING oor Mount Sophia of ander ontwikkeli­ngs waarby Lenova betrokke is: TELEFOON: 0600 7030 10 (Afrikaans);

076 391 4068 (Engels) EPOS: marketing@lenovacons­truct.co.za WEBBLAD: www.lenovacons­truction.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa