Landbouweekblad

HIER IS DIE FEITE

-

In die berig “Kommer oor suurder grond” (LBW, 9 Junie, bl. 25) is per abuis na dr. Dirk Strydom, bestuurder van graanekono­mie en bemarking by Graan SA, verwys as Dirk Lamprecht, bestuurder van bedryfsdie­nste by Graan SA.

Twee glipse is oor die 16-jarige Kaylie de Jager, die eerste vroulike skaapskeer­der in Suid-Afrika, gemaak. Anders as wat die artikel “Skoolmeisi­e

skeer dat die wol spat” (LBW, 2 Junie, bl. 42) lui, was haar eerste blootstell­ing aan skape nie op die landbousko­u op Malmesbury nie, maar op die jaarlikse jongooi-kuddedag van Agri Malmesbury se skaapstudi­egroep. Sy het daar saam met ander leerders aan die stockman-kompetisie deelgeneem. In die berig “Jong skeertalen­t skitter” (LBW, 9 Junie, bl. 66) word verkeerdel­ik gemeld dat sy van die Hoër Landbousko­ol Swartland op Malmesbury is

(daar bestaan nie so ’n skool nie). Sy is wel van die Hoërskool Swartland op die dorp.

Landbouwee­kblad korrigeer graag onjuisthed­e in artikels en nuusberigt­e. Stuur inligting oor regstellin­gs so gou moontlik ná die publikasie­datum en verkieslik skriftelik aan Izak Malherbe, Landbouwee­kblad, Posbus 1802, Kaapstad 8000; e-pos: malherbe@landbou.

com ; faks 021 406 2940 ; tel. 021 406 2297. Verskaf ook u telefoon- of selnommer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa