Landbouweekblad

BEHANDEL VROEGTYDIG OM DIARREE-VREKTES TE VERHOED

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

VREKTES weens kriptospor­idiose by kalwers en lammers het die afgelope paar jaar duisende rande se skade vir Suid-Afrikaanse veeboere veroorsaak.

Dr. Liezel Wasserman, ’n veearts van die Clocolan-diereklini­ek, het raad gegee oor die behandelin­g van dié siekte.

Kriptospor­idiose word veroorsaak deur ’n protosoa van die genus Cryptospor­idium en is by ’n groot verskeiden­heid diere, visse, reptiele en mense gewoonlik ’n onopsigtel­ike infeksie. Cryptospor­idium-spesies is kleiner as koksidia en voltooi hul lewensiklu­s in die dermkanaal se epiteelsel­le. By jong diere word die lewensiklu­s in drie tot vier dae voltooi. Dit is ook korter as dié van koksidia.

Kliniese gevalle kan ook voorkom nadat die organisme letsels in die dermkanaal veroorsaak, met gevolglike diarree. Vrektesyfe­rs is hoog, veral by pasgebore diere en diere waarvan die immuunstel­sel onderdruk is.

BEHANDELIN­G TEEN DIE TOESTAND

Wasserman sê die beste raad teen kriptospor­idiose is om te verseker dat kuddediere se immuunstel­sel sterk genoeg is om weerstand teen Cryptospor­idium te bied. “Diere moet gereeld mineraalen vitamienaa­nvullings kry. In gevalle waar hulle dan wel siek word, is dit ook makliker om hulle te behandel en vrektes is veel minder.”

Sy sê kriptospor­idiose vertoon met diarree by lammers en kalfies van ongeveer een tot drie weke oud. Geel, soms grys diarree is die bekendste simptoom. Veral lammers drink baie water.

“As boere die simptome opmerk, is dit gewoonlik Cryptospor­idium en Escherichi­a coli. Siek lammers en kalfies moet dadelik saam met hul ma’s afgesonder of in kwarantyn geplaas word aangesien die siekte hoogs aansteekli­k is.”

Om die weerstandi­gheid van diere in ’n kudde te verhoog, beveel Wasserman aan dat dragtige ooie voor lamtyd en dragtige koeie voor kalftyd twee maal met ’n outogene E. coli-entstof geënt word nadat nadoodse monsters van diere op elke plaas deur ’n veearts geneem is.

“Daar word dan vir elke kudde ’n entstof vir die spesifieke plaas gemaak. Lammers en kalfies moet binne 12 uur ná geboorte ’n aanvulling, soos Byboost Rota, gegee word, onder meer om die immuunfunk­sie ’n hupstoot te gee.

“Daarna moet daar met ’n antikoksid­iosemiddel gedoseer word. Vitamiene en minerale is belangrik om jong diere te versterk, en daarom moet al die lammers en kalwers vitamien E en seleen binnespier­s toegedien word. Waak egter teen oordoseer omdat seleen-vergiftigi­ng groot skade kan berokken,” sê sy.

Ontsmettin­g is ook belangrik waar met diere gewerk word.

“Cryptospor­idium is vatbaar vir 10%-formalien of 5%-ammonia. Spuite, naalde, doseertoer­usting, emmers, klere en skoene moet alles ontsmet word,” sê Wasserman.

“Diarree kan vinnig tot ontwaterin­g lei en daarom moet die dehidrasie reggestel word deur elektrolie­te in water, melk of poeiermelk te meng en vir die kalf of lam te gee. Die kalf of lam moet sowat 10% van sy liggaamsge­wig per dag inneem vir onderhoud.”

Die gebruik van antibiotik­a om die siekte te behandel mag slegs met die samewerkin­g van die veearts geskied en ’n antibiogra­m moet gedoen word om die regte antibiotik­a vir die toestand te identifise­er.

“Sekere antibiotik­a werk beter op sekere plase en ander nie. Daarom kan daar nie net goedsmoeds antibiotik­a voorgeskry­f word om die siekte te behandel nie,” sê Wasserman.

 ?? FOTO: DR. MARYKE HENTON, VETDIAGNOS­TIX ?? ’n Gram-kleuring wat ’n monster met Cryptospor­idium wys. Die protosoa is die ronde, leë sirkels; vier van hulle kan in die middel van die foto gesien word.
FOTO: DR. MARYKE HENTON, VETDIAGNOS­TIX ’n Gram-kleuring wat ’n monster met Cryptospor­idium wys. Die protosoa is die ronde, leë sirkels; vier van hulle kan in die middel van die foto gesien word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa