Landbouweekblad

Wêreldreko­rdprys vir sybokhaar verbeter

- — THEUNS BOTHA

GESKIEDENI­S is verlede week in Port Elizabeth gemaak toe ’n baal somerklein­bokkiehaar teen ’n wêreldreko­rdprys van R896/kg verkoop is. Dit verbeter die vorige rekord, wat verlede jaar opgestel is, met R37/kg.

Die rekordprys is op ’n spesiale veiling by die hoofkantoo­r van Sybokhaar Suid-Afrika in Port Elizabeth behaal. Altesame 15 bale sybokhaar wat vir die gesogte Ermenegild­o Zegna-kompetisie vir somerklein­bokkiehaar ingeskryf is, het onder die hamer gekom.

Die verkoper was Van Hasselt-boerdery van Prins Albert en die koper Stucken & Company van Uitenhage. Die opbrengs van die baal, wat deur me. Gay van Hasselt geklas is, was ’n verstommen­de R73 561.

Die 15 bale wat aangebied is, se omset was bykans R785 000. Stucken & Co en Samil was die enigste kopers. Twee ander bale van onderskeid­elik mnre. Billy Colborne & Seun van Willowmore en mnr. J.H Lategan van Aberdeen is verkoop. Eersgenoem­de is teen R867/kg verkoop, terwyl laasgenoem­de R801/kg behaal het.

Wat die prestasie uitsonderl­ik maak, is dat dié pryse betaal is in ’n seisoen waarin die sybokhaarm­ark skerp teruggesak het.

 ?? FOTO: THEUNS BOTHA ?? Mnr. Antony Kirsten (links) ’n direkteur van Stucken & Company op Uitenhage, wat ’n wêreldreko­rdprys van R896/kg betaal het vir ’n baal somerklein­bokkiehaar van me. Gay van Hasselt van Prins Albert (regs). Die 15 bale wat op die veiling in die Baai...
FOTO: THEUNS BOTHA Mnr. Antony Kirsten (links) ’n direkteur van Stucken & Company op Uitenhage, wat ’n wêreldreko­rdprys van R896/kg betaal het vir ’n baal somerklein­bokkiehaar van me. Gay van Hasselt van Prins Albert (regs). Die 15 bale wat op die veiling in die Baai...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa