Landbouweekblad

STAAT SE PLAN MET SY LANDBOUGRO­ND

- — JOYLENE VAN WYK

DIE staat gaan alle onderbenut­te landbougro­nd in sy besit vir produksie benut om grotendeel­s huishoudel­ike voedselsek­erheid te verseker, het die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming aangedui.

Hy het die Parlement se portefeulj­ekomitee vir landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming ingelig dat hy dit gaan vermag met sy een-hektaar-een-huishoudin­g-twee-koeieproje­k. Die projek word gesien as ’n oplosin sing om meer landbougro­nd vir produksie te benut siende dat syfers van Statistiek­e SA toon daar is ’n 9,1% afname (vanaf 2,9 miljoen in 2011 tot 2,3 miljoen in 2016) in die aantal huishoudin­gs wat betrokke is by landboupro­duksie.

Mnr. Bonginkosi Zulu, waarnemend­e adjunkdire­kteur-generaal vir die herverdeli­ng van grond en ontwikkeli­ng by die departemen­t, het gesê die grond wat vir die toepassing van die program geoormerk word, is staatsgron­d onder voogdyskap van die departemen­t, plase wat die staat onbenut bekom het, restitusie­grond, grond bekom vir plaaswerke­rs en -bewoners, meentgrond en selfs grond onder tradisione­le leierskap.

Heelwat grond in KwaZuluNat­al en Mpumalanga is onder voogdyskap van die staat.

Hy het verduideli­k dat huishoudin­gs die hele jaar sal werk deurdat hulle somer- en winterprod­ukte sal lewer.

Die huishoudin­gs sal ook sertifikat­e vir grondgebru­ik ontvang wat by die aktekantoo­r geregistre­er sal wees.

Vir die huidige boekjaar wil die departemen­t 6 683 huishoudin­gs help om onbenutte grond teen ’n koste van altesaam sowat R269 miljoen vir produksie te benut. Mnr. Justice Mnguni, ANC-LP, het egter bevraagtek­en of die departemen­t op ’n wetenskapl­ike grondslag bepaal het hoeveel huishoudin­gs per provinsie gehelp moet word.

Hy het gesê dat dit glad nie sin maak dat die departemen­t 1 199 huishoudin­gs in die Noord-Kaap wil help, maar slegs 163 in Gauteng nie.

In Noordwes wil hy 305 huishoudin­gs help, in Limpopo 1 873, in Mpumalanga 615, in Kwazulu-Natal 675, in die Vrystaat 548, in die Oos-Kaap 1 025 en in die Wes-Kaap 949.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa