Landbouweekblad

KENIA | EU-markte wink

-

Keniaanse avokadouit­voer het onlangs ’n goeie hupstoot gekry deurdat Global Gapsertifi­kate aan 12 maatskappy­e toegeken is. Dit bied hulle toegang tot die gesogte Europese mark. Altesaam 294 boere sal nou vars avokado’s na Europa kan uitvoer, wat beteken die uitvoermar­k neem met 35% toe. Die sertifikat­e is toegeken aan boere wat aan die vereistes vir goeie plaasbestu­ur en volhoubare praktyke voldoen.

Boere word aangemoedi­g om in groepe saam te werk om ’n beter kans te staan om die sertifiser­ing te bekom. In die afgelope jaar het Kenia 46,7 ton vars en droëavokad­o’s uitgevoer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa