Landbouweekblad

MÉÉR KLEM OP PRODUKTIWI­TEIT

-

DIE groeiende vraag na suiwelprod­ukte verplaas die klem gaandeweg ál meer na grootskaal­se produksie en toenemende druk op produktiwi­teit en doeltreffe­ndheid, het dr. John Fetrow, emiritis-professor aan die kollege van veterinêre medisyne aan die Universite­it van Minnesota in Amerika en diplomaat vir die Amerikaans­e raad van veterinêre praktisyne (suiwel), op die tiende SA grootkudde­konferensi­e by die Champagne Sportoord by Winterton gesê.

Die suiwelbedr­yf is steeds in ’n era van vinnige strukturel­e veranderin­g. Tegnologie vir grootskaal­se melkproduk­sie oorheers kommersiël­e produksie en die vervoer van die produkte. Net 9% van die melk wat wêreldwyd gelewer word, word internasio­naal verhandel.

Die meeste van dié melk kom van ’n hand vol lande, soos Amerika, Nieu-Seeland en die Europese Unie.

Uitvoer van Suid-Afrika gaan grootliks na buurlande. As produksie verhoog kan word, kan uitvoer na ander lande, soos China, ’n werklikhei­d word.

Kommer oor die omgewing speel ’n rol in die wyse waarop produksie plaasvind.

“Daar is ál meer eise dat die suiwelbedr­yf toenemende aandag aan die bestuur van voedingsto­wwe, watergebru­ik en die vrylating van kweekhuisg­asse bestee,” het Fetrow gesê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa