Landbouweekblad

WATERTEKOR­T NOU ’NORMALE’ SITUASIE

-

Dit is deesdae so te sê normaal om ’n waterkrisi­s in Suid-Afrika te hê vanweë ’n watertekor­t wat net nie ophou nie. Die land moet daarom anders oor water begin dink, het me. Susan Viljoen van die WWF-Mondi Water Stewardshi­p Partnershi­p in Hilton op die tiende SA grootkudde­konferensi­e by die Champagne Sport-oord in die KwaZulu-Natalse Drakensber­g gesê.

Dalk was die afgelope droogte die gebeurteni­s wat Suid-Afrika nodig gehad het om hom wakker te skud. In dele van die land waar baie reën geval het, is die situasie beter, maar dit kan nog ’n paar jaar duur voordat alles reg is. Intussen ondervind die WesKaap ’n krisistyd weens min of geen reën en leë damme.

Suid-Afrika worstel met drie groot waterrisik­o’s, naamlik genoeg water op die regte tyd, teen die regte gehalte en teen die regte prys. Stukrag word daaraan verleen deur interaktie­we onsekerhed­e, waaronder reënval, vraag, finansieri­ng en doeltreffe­nde beheer.

“As dinge aangaan soos nou, sal Suid-Afrika teen 2030 sowat 17% te min water hê. Weens die ontstellen­de vlak van korrupsie en swak funksioner­ing van die Regering kan ons nie op die Regering staatmaak om die waterkrisi­s op te los nie. Daarvoor is waterseker­heid té belangrik.

“Waterseker­heid en rentmeeste­rskap is ’n gesamentli­ke verantwoor­delikheid wat samewerkin­g en betrokkenh­eid van alle sektore verg,” het Viljoen gesê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa