Landbouweekblad

Kongresbro­kkies

-

prysgaping tussen fyn- en sterkwol kan teen die einde van die seisoen baie krimp, het mnr. Clarence Friskin, ondervoors­itter van die SuidAfrika­anse Wol- en Bokhaarkop­ersverenig­ing (Sawamba) op die kongres gemaan. Waar wol van 18-19 mikron die seisoen net met 8% verbeter het, het wol van 18 mikron se prys met 40,5% gestyg, het hy gesê. Gemeet oor 10 seisoene was die prysverski­l tussen die kategorieë R7,57/kg, maar dit het oor die afgelope 12 maande tot R15/kg gestyg. Suid-Afrikaanse wolboere is grootliks deur die verswakkin­g van die rand bevoordeel, aangesien wolpryse in dollarwaar­de nie veel verskil van die begin van die 2016-’17-seisoen nie. Die huidige prys vir wol is tans $11,25 vergeleke met $10,75 twee jaar gelede. Daar is min verskil in die prys tussen skeersels op ses maande (46 mm) en agt maande (67 mm). In ’n studie van die Britstown-jongooipro­jek is bevind dat boere wat drie skeersels in twee jaar gelewer het, gemiddeld net R1,51/kg meer in hul sak gesteek het as dié boere wat vier skeersels in twee jaar gelewer het. Gemeet oor drie jaar was die gemiddelde prys vir 70 mm-wol R144/kg skoonwol teenoor R129/kg skoonwol vir 40 mm-skeersels. Die kongres het versoek dat wol op veilings afgeslaan word op ’n skoonwolgr­ondslag en nie op ’n vetwolgron­dslag nie, aangesien beter prysvergel­ykings só getref sal kan word. China bly die belangriks­te koper van Suid-Afrikaanse wol, gevolg deur die Tsjeggiese Republiek. Elke baal wol is dié seisoen verkoop. Die naspeurbaa­rheid van wol en ekovriende­like produksiep­raktyke sal ’n ál groter rol in die toekoms speel. Boere word aangemoedi­g om die Dumfries-verklaring te onderteken waarin hulle onderneem dat die wol aan die beste produksiep­raktyke voldoen en ’n hernieubar­e bron, bio-afbreekbaa­r en herwinbaar is. In ’n verrassend­e stemming is mnr. Herman Hugo van Victoria-Wes tot nuwe mede-ondervoors­itter in die plek van mnr. Casper Labuschagn­e van Jamestown verkies. Mnre. Guillau du Toit, nasionale voorsitter, en Sipiwo Makinana, mede-ondervoors­itter, is eenparig herkies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa