Landbouweekblad

NWKV SE AANSIEN HOOG ONDER VERBRUIKER­S

-

DIE Nasionale Wolkwekers­vereniging (NWKV) geniet hoë aansien onder kommersiël­e wolboere wat dié diens gebruik. Cape Wools het die maatskappy Lighthouse aangestel om ’n onafhankli­ke meningsopn­ame te doen en dié produksied­iens te evalueer. Daarin is bevind dat die gemiddelde vlak van tevredenhe­id van 2014 tot 2016 met 10% verbeter het. In die geval van die NWKV se ekonomiese studiegroe­pe en genetiese adviesdien­ste was die styging 19%. Respondent­e het die belangrikh­eid van die diens ’n punt van 7,9 uit 10 gegee, wat ’n 5%-verbeterin­g in dié tyd weerspieël.

In ’n verslag aan die nasionale kongres het mnr. Leon de Beer, hoofbestuu­rder van die NWKV, gesê die waarde van die skeersel in die kommunale gebiede het verlede seisoen tot R233,6 miljoen gestyg. Dit verteenwoo­rdig ’n styging van 78,5% sedert 2015.

Altesaam 4,46 miljoen kg wol uit dié gebiede is op openbare veilings bemark, wat ’n verhoging van 78,5% verteenwoo­rdig.

Daar is tans bykans 1 400 gemeenskap­pe met ’n beraamDie de 40 000 kleinboere wat met wolskape boer. Indien minimum lone as maatstaf gebruik word, is die inkomste wat uit wol verdien word, gelykstaan­de aan 6 000 werkgeleen­thede.

Die NWKV se skeeroplei­dingsdiens het 57% meer skeerders opgelei as die mikpunt wat gestel was. Dit is danksy ’n bykomende R900 000 wat deur AgriSeta vir hierdie doel beskikbaar gestel is.

TOEKOMS

Cape Wools het die NWKV weer vir die volgende twee jaar as diensversk­affer aangestel. De Beer sê die klem sal hoofsaakli­k op reproduksi­e, ekonomiese studiegroe­pe, nuwe tegnologie, netwerke tussen boere en die bevorderin­g van wolskaapbo­erdery val. Die bekamping van roofdiere en dieregeson­dheid tel ook onder die sake wat voorrang geniet.

Die NWKV is ’n deelnemer aan Operasie Phakisa, ’n inisiatief wat uit pres. Jacob Zuma se kantoor bestuur word om die landbou in Suid-Afrika in die algemeen te bevorder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa