Landbouweekblad

Weertoepas­sings vir slimfone ‘nie akkuraat’

-

AANGESIEN geen toepassing­s op slimfone die weer 100% akkuraat kan voorspel nie, moet boere ’n hele paar daarvan aflaai en dan ’n gemiddelde berekening maak. Dié raad kom van prof. Willem Landman, ’n hoogleraar in meteorolog­ie aan die Universite­it van Pretoria.

Landman het op die Nasionale Wolkwekers­vereniging se jaarkongre­s in die Baai verduideli­k hoe die El Niño- en La Niña-verskynsel­s die weerpatroo­n in Suid-Afrika raak.

“Hoewel die voorspelli­ngs ’n paar maande gelede gewys het ’n El Niño is weer op pad na Suid-Afrika, is dié wat dit interprete­er tans nie meer seker of dit wél die geval gaan wees nie. Dit beteken ook nie ’n La Niña-verskynsel is ons voorland nie.

“As daar iets gebeur, kan Suid-Afrika dalk ’n droër somertyd verwag. Vir boere wat egter nou al oor aanplantin­gs moet besluit, sal dit raadsaam wees om tot September te wag om te kyk wat die weerpatroo­n gaan wees.” Landman glo egter die Wes-Kaap, wat tans ’n rampdroogt­e beleef, kan redelik goeie winterreën verwag.

Die kombinasie van klimaaten statisties­e modelle in voorspelli­ngs help nou om betroubaar­der voorspelli­ngs as in die 1980’s te maak. “Met seisoenale voorspelli­ngs op lang termyn kry ons dit drie uit vyf jaar reg. Met meer gesofistik­eerde modelle en rekenaars kan dit verbeter, maar ’n plafon sal bereik word, wat ook nie 100% betroubaar sal wees nie,” het Landman gesê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa