Landbouweekblad

VOËLGRIEP IN ZIMBABWE

-

DIE hoogs aansteekli­ke H5N8voëlgr­iep het op ’n kommersiël­e pluimveepl­aas in die Zimbabwies­e provinsie OosMashona­land uitgebreek. SuidAfrika het ’n verbod op die invoer van enige hoender, lewend of dood, sowel as eiers, geplaas.

Meer as 8 000 kuikens het reeds gevrek en 140 000 hoenders moes van kant gemaak word, aldus die Daily News. Die besmette plaas het sowat 2 miljoen braaikuike­ns en lêhenne.

Dr. Unesu Ushewokunz­eObatolu, hoofdirekt­eur by Zimbabwe se veeartseny­diens, sê daar is agt afsonderli­k bestuurde aanlegte wat almal minstens ’n kilometer van mekaar is.

Sy sê toetse by Onderstepo­ort op 29 Mei en 1 Junie het die siekte bevestig.

Me. Makenosi Maroo, woordvoerd­er van die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye, sê SuidAfrika het alle handel in pluimvee met Zimbabwe gestaak. Sy het aan Netwerk24 gesê inspeksied­ienste is op ’n gereedheid­sgrondslag geplaas en hoenders, eiers en ander pluimveepr­odukte word by grensposte afgeneem.

Die direktoraa­t dieregeson­dheid, saam met die SuidAfrika­anse Pluimveeve­reniging (Sapa), is besig om plaaslike hoenderboe­re van die bedreiging bewus te maak. Volgens mnr. Kevin Lovell, uitvoerend­e hoof van Sapa, is dit die eerste keer in die geskiedeni­s dat dié gevaarlike voëlgriep in een van SuidAfrika se buurlande uitbreek.

Die siekte het in Maart in Uganda voorgekom en toe is die vrees uitgespree­k dat dit na ander lande in SuiderAfri­ka kan versprei. Die H5N8virus word deur migrerende wildeeende aan pluimvee oorgedra.

Botswana het ook ’n verbod op die invoer van pluimveepr­odukte uit Zimbabwe ingestel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa